Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
Raakvat-onnies gee nou aanlyn klas vir matrieks op Netwerk24

Matrieks, ons is hier om te help.

Netwerk24 besef jul belangrikste skooljaar is nou op sy kop gekeer terwyl die land stilstaan weens Covid-19.

Maar ons weet ook nie eens ’n pandemie moet veroorsaak dat julle skoolboeke nou stof vergaar nie.

Baie skole het reeds begin planmaak om op verskillende kreatiewe en aanlyn maniere julle aan die gang te hou met werk en klasse.

Maar Netwerk24 bied jou nou die geleentheid om boonop in Afrikaans by raakvat-, ervare onderwysers klas te hê.

Van Donderdag 9 April af bied Netwerk24 vir matrieks aanlyn klasse van 30 minute elk aan.

Klik hier vir die eerste drie lesse (Afrikaans, Engels en Fisiese Wetenskappe).

Hoe gaan dit werk?

Netwerk24 het ses onderwysers met bewese ervaring van oor die land heen geïdentifiseer om aanlyn klasse vir matrieks aan te bied.

Elke onderwyser het drie leerlinge van hul skool gekies om aanlyn by die klas in te skakel.

Dié drie leerlinge sal regstreeks aan die onderwyser kan vrae stel.

Dié interaktiewe les word dan opgeneem en op Netwerk24 vir alle matrieks beskikbaar gemaak.

Wat moet jy doen om in te skakel?

Ons gaan die klasse elke dag op Netwerk24 en op YouTube laai.

Besoek elke dag Netwerk24 se MySkool-bladsy.

Besoek ons YouTube-kanaal.

Besoek ons Facebook-blad.

Besoek ons Instagram-blad.

Wie kan almal saam leer?

Enige matriekleerling is welkom om die klasse aanlyn by te woon.

Die klasse is voor die betaalmuur. Jy hoef dus nie ’n intekenaar van Netwerk24 te wees om die klasse by te woon nie.

Die klasse gaan vir ’n onbeperkte tyd op Netwerk24 beskikbaar wees. As jy dus ’n les misgeloop het, kan jy maklik later inhaal.

Watter vakke word aangebied?

Ons gaan op ses vakke fokus:

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Fisiese wetenskappe
  • Lewenswetenskappe
  • Rekeningkunde

Ons gaan tussen 9 en 17 April ses klasse per vak aanbied.

Wie is die onderwysers?

Netwerk24 het ’n groep onderwysers met bewese ervaring ingespan om ’n superspan onnies te wees wat jou aanlyn deur hierdie tyd gaan help.

AFRIKAANS HUISTAAL

Diani la Grange van Proteahoogte Akademie in Brackenfell.Foto: VERSKAF

Diané la Grange van Proteahoogte Akademie in Brackenfell.

Sy het 29 jaar se ondervinding as onderwyser.

ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Rachelle Bezuidenhout van die Hoërskool Rustenburg. Foto: VERSKAF

Rachelle Bezuidenhout van die Hoërskool Rustenburg. Sy het 11 jaar se ondervinding as onderwyser.

WISKUNDE

Morne Smit van die Hoër Volkskool in PotchefstroomFoto: VERSKAF

Morné Smit van die Hoër Volkskool in Potchefstroom. Hy het 18 jaar se ondervinding as onderwyser.

REKENINGKUNDE

Francois Vermaak van Curro Rivonia in Johannesburg. Foto: VERSKAF

Francois Vermaak van Curro Rivonia in Johannesburg het 20 jaar ondervinding in die onderwys.

LEWENSWETENSKAPPE

Unity Demas van die Hoërskool Bernadino Heights in Kraaifontein.Foto: VERSKAF

Unity Demas van die Hoërskool Bernadino Heights in Kraaifontein. Hy het 22 jaar se ondervinding as onderwyser.

FISIESE WETENSKAPPE

Elmien Kloppers van die Hoërskool Langenhoven in Riversdal. Foto: VERSKAF

Elmien Kloppers van die Hoërskool Langenhoven in Riversdal. Sy het meer as 30 jaar se ondervinding as onderwyser.

Op watter werk gaan die onderwyser fokus?

AFRIKAANS HUISTAAL

Les 1: Leesbegrip en Opsomming

Les 2: Beantwoording van die opstelvraag by gedigte

Les 3: Taalstrukture

Les 4: Kontekstuele vrae vir roman en drama

Les 5: Beantwoording van Vraestel 3

Les 6: Ontleding van ’n gedig

ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Lesson 1: How to do prepared reading (selecting a text and preparing), and how to write and present an excellent speech.

Lesson 2: Poetry Mid Term Break (analysis and notes)

Lesson 3: Language structures for paper 1. Focus on active and passive voices.

Lesson 4: Essay writing revision.

Lesson 5: Common mistakes to avoid and how to study

Lesson 6: Poetry To Learn How to Speak (analysis and notes)

WISKUNDE

Les 1: Trigonometrie (Hersiening van vorige konsepte)

Les 2: Trigonometrie (Saamgestelde hoeke)

Les 3: Trigonometrie (Dubbelhoeke)

Les 4: Trigonometrie (Gemengde konsepte)

Les 5: Trigonometrie (Probleme in twee dimensies)

Les 6: Trigonometrie (Probleme in drie dimensies)

REKENINGKUNDE

Les 1: BTW 1 (Oorsig en berekeninge)

Les 2: BTW 2 (Rekeninge en aansuiwerings)

Les 3: Debiteure rekonsiliasie

Les 4: Voorraadstelsels 1 (Basiese begrippe en oorsig van Graad 11-werk)

Les 5: Voorraadstelsels 2 (EIEU-metode)

Les 6: Voorraadstelsels 3 (Geweegde gemiddelde metode)

LEWENSWETENSKAPPE

Les 1: Evolusie (inleiding)

Les 2: Variasies

Les 3: Die oorsprong van die idees van evolusie (Deel 1) 

Les 4: Die oorsprong van die idees van evolusie (Deel 2)

Les 5: Die vorming van nuwe spesies (Deel 1)

Les 6: Die vorming van nuwe spesies (Deel 2)

FISIESE WETENSKAPPE

Les 1: Arbeid

Les 2: Arbeid-energie-beginsel

Les 3: Konserwatiewe en nie-konserwatiewe kragte

Les 4: Doppler

Les 5: Reaksietempo

Les 6: Chemiese ewewigte

Wanneer kan jy watter lesse op Netwerk24 volg?

Die lesse sal elke dag op Netwerk24 en YouTube beskikbaar wees.

Donderdag, 9 April

  • Afrikaans Huistaal: Les 1
  • Engels (EAT): Les 1
  • Fisiese Wetenskap: Les 1

Vrydag, 10 April

  • Wiskunde: Les 1
  • Lewenswetenskappe: Les 1
  • Rekeningkunde: Les 1

Maandag, 13 April

  • Afrikaans Huistaal: Les 2
  • Engels (EAT): Les 2
  • Wiskunde: Les 2
  • Rekeningkunde: Les 2
  • Lewenswetenskappe: Les 2
  • Fisiese wetenskappe: Les 2

Dinsdag, 14 April

  • Afrikaans Huistaal: Les 3
  • Engels (EAT): Les 3
  • Wiskunde: Les 3
  • Rekeningkunde: Les 3
  • Lewenswetenskappe: Les 3
  • Fisiese wetenskappe: Les 3

Woensdag, 15 April

  • Afrikaans Huistaal: Les 4
  • Engels (EAT): Les 4
  • Wiskunde: Les 4
  • Rekeningkunde: Les 4
  • Lewenswetenskappe: Les 4
  • Fisiese wetenskappe: Les 4

Donderdag, 16 April

  • Afrikaans Huistaal: Les 5
  • Engels (EAT): Les 5
  • Wiskunde: Les 5
  • Rekeningkunde: Les 5
  • Lewenswetenskappe: Les 5
  • Fisiese wetenskappe: Les 5

Vrydag, 17 April

  • Afrikaans Huistaal: Les 6
  • Engels (EAT): Les 6
  • Wiskunde: Les 6
  • Rekeningkunde: Les 6
  • Lewenswetenskappe: Les 6
  • Fisiese wetenskappe: Les 6

Is daar enige ekstra hulpbronne?

Die onderwyser se voorlegging sal saam met die les beskikbaar wees op Netwerk24.

Enige verdere vrae?

Stuur ’n e-pos aan myskool@netwerk24.com

Meer oor:  Myskool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.