SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
MySkool
Skolenuus: Jong joernaliste blink uit
Skolenuuskompetisie

Die wenners van Netwerk24 se skolenuuskompetisie is onlangs op prysuitdelings in Kaapstad, Bloemfontein en Centurion vir hul prestasies vereer.

Netwerk24, in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad, het vanjaar ’n digitale baadjie aangetrek vir die die voormalige skoolkoerantkompetisie.

Waar skole voorheen net hul gedrukte skoolkoerante kon inskryf, kon hulle vanjaar ook vir die eerste keer in digitale kategorieë vir die kompetisie inskryf, insluitende beste digitale skoolkoerant, beste Facebook-blad en beste Instagram-blad.

Die prysuitdelings is in Kaapstad by die Meerendal-wynlandgoed, in Centurion by die Candlewoods Boutique Venue en in Bloemfontein by Oliewenhuis aangebied.

Katinka die Kat, televisie-aanbieder en Instagram-ster, was die seremoniemeester op die geleentheid.

Hier is die wenners:

Helpmekaar Kollege se skoolkoerant, Helpie Flitse, is as die beste gedrukte skoolkoerant in Netwerk24 se skolenuuskompetisie vir hoërskole aangewys. Saam met Barnard Beukman (links), redakteur van Beeld, is Shane Lottriet, redakteur van Helpie Flitse, en Danielle Brink, sub-redakteur. Foto: Martin de Kock
Die Primêre Skool Willem Postma in Bloemfontein se skoolkoerant, O’Kulis, is as die beste gedrukte skoolkoerant vir laerskole aangewys. Emile van der Linde en Anke van der Poel, redakteurs van O’Kulis, is hier by Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collet
Die Hoërskool Stellenbosch se skooltydskrif, Stelloskoop, het die prys gewen vir die beste uitleg van ’n gedrukte skoolkoerant in Netwerk24 se skolenuuskompetisie. Hier kry Jani Badenhorst, redakteur van Stelloskoop, die prys. Saam met haar is Willem Jordaan (links), redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser (regs), redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht
Marlé Oosthuizen van die Hoërskool Bonnievale het die prys vir die beste nuusberig gewen vir haar berig: “Hoërskool Bonnievale kry twee groen olifante” in dié skool se skoolkoerant, Voorwaarts. Willem Jordaan (links), redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys aan haar oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht
Lané Rossouw van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het die prys vir die beste onderhoud gewen. Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het die prys aan haar oorhandig. Foto: Stephen Collet
Suzan Wentzel van die Hoërskool Bonnievale het die prys vir beste diepteberig gewen vir haar berig “Vroetel iets van die verlede” in dié skool se skoolkoerant, Voorwaarts. By haar staan Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.Foto: Nardus Engelbrecht
Cilliers Diedericks van die Hoërskool Waterkloof het die prys vir die beste sportberig gewen vir sy berig oor bergfietsry in dié skool se skoolkoerant, Klofiekan. Barnard Beukman (links), redakteur van Beeld, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Martin de Kock
Riken Willemse van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het die prys vir die beste nuusfoto ontvang. By hom is Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collet
Jana Coetzee van die Hoërskool Bonnievale het die prys vir die beste spotprent gewen in die skool se skoolkoerant, Voorwaarts. Foto: Nardus Engelbrecht
Die Hoërskool Bonnievale se aanlyn-skoolkoerant, Voorwaarts, het die prys vir die beste digitale skoolkoerant ontvang. Van links is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, Aléza van Zyl, redakteur van Voorwaarts, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht
Die Laerskool Rustenburg het die prys vir die beste Facebook-blad gewen. René Schoombee het die prys namens die Laerskool Rustenburg by Barnard Beukman, redakteur van Beeld, ontvang.Foto: Martin de Kock
HTS Drostdy in Worcester het die prys vir die beste Instagram-blad gewen. Van links is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, Rensia Vermeulen, ’n onderwyseres van HTS Drostdy, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht
nikita dreyer
Nikita Dreyer van die Hoërskool Vredendal het die prys gewen vir die beste sportfoto in dié skool se skoolkoerant, Die Parskuip. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger het die prys oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht

Meer oor:  Skolenuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.