Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Tieners sê mekaar die stryd aan in Blitsbrein Junior
Pietie Beyers, aanbieder van ‘Blitsbrein Junior’.Foto: VIA

As hy na die deelnemers van Blitsbrein Junior kyk, lyk die toekoms blink, sê Pietie Beyers, aanbieder van Netwerk24 se nuwe vasvraprogram, Blitsbrein Junior, wat op 6 Januarie om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, begin.

VIA se gewilde vasvraprogram Blitsbrein trek vanjaar ’n jonger baadjie aan en dit is dié keer tyd vir die tieners om mekaar die stryd aan te sê.

“Ek weet dit klink soos ’n absolute cliché, maar die standaard van die hoërskool-deelnemers in Blitsbrein Junior is iets om te aanskou. Dis absoluut ongelooflik!”

Altesame 21 hoërskoolleerlinge spook dit hierdie seisoen uit om as die eerste Blitsbrein Junior gekroon te word. En boonop is die algehele pryspot is R45 000. Dit word deur die top 3 wenners verdeel.

Blitsbrein Junior is die ideale gesinsprogram – dit toets oud en jonk se kennis en borrel met jeugdige energie, humorsin en sjarme. Dit gee ’n mens wraggies hoop vir die toekoms!” sê Beyers.

“Ek dink Blitsbrein Junior kan die grootste en boeiendste seisoen sover wees.”

Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge tussen gr. 8 en gr. 11 wat in 2019 aan Netwerk24 se kompetiisie Blitsbrein Junior deelgeneem het. Dié kompetisie is in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Kyk hier die voorskou van die reeks:

In die eerste episode van Blitsbrein Junior kom Luc van der Veen (16) van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, Jan-Hendrik du Toit (15) van die Hoër Jongenskool Paarl en Shady-Lee Nike (17) van die Glendale Secondary School in Mitchells Plain teen mekaar te staan.

Luc van der Veen (16) van die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch. Foto: Skermgreep
Jan-Hendrik du Toit (15) van die Hoër Jongenskool Paarl.Foto: Skermgreep
Shady-Lee Nike (17) van die Glendale Secondary School in Mitchells Plain. Foto: Skermgreep

Die wenner van dié episode word as die Blitsbrein Junior aangewys en gaan outomaties deur na die tweede episode, waar hy of sy hul titel teen twee nuwe deelnemers moet verdedig.

Die ses deelnemers met die meeste punte op die telbord aan die einde van episode tien sal na die halfeindronde deurdring waarna die topdrie in die eindronde teen mekaar te staan gaan kom.

  • Episode 1 is op 6 Januarie om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.
  • Episode 1 sal ook van 7 Januarie op Netwerk24 onder NW24TV te sien wees.
  • Speel elke Dinsdag saam op Netwerk24 om te kyk hoeveel vrae van die episode jy reg kan beantwoord.
Meer oor:  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.