Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
GOU SPRING – Skryf in vir Blitsbrein Junior!

Blitsbrein Junior, Netwerk24 se algemene-kennis-kompetisie vir skoliere, is vanjaar in volle gang! Dié kompetisie word in samewerking met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.

Gou spring om in te skryf vir hierdie opwindende kompetisie, waar jy, en jou skool groot pryse kan wen! Inskrywings sluit Woensdag 28 Julie om 17:00.  Ná die suksesvolle deelname van leerlinge landwyd in 2020 met ’n digitale aanslag van die kompetisie, sal vanjaar se kompetisie weer aanlyn geskied.  

Is jy ons volgende Blitsbrein Junior? Skryf dan in
Is jy ons volgende Blitsbrein Junior? Skryf dan in vir 'n kans om groot prysgelde te wen!

Daar is twee kompetisies – een vir gr. 8’s en gr. 9’s en een vir gr. 10’s en gr. 11’s.  Die formaat van vanjaar se kompetisie is weer aanlyn, en die prysgeld dieselfde!   

Nasionale wenners sal met die volgende prysgeld wegstap:  

  • 1ste plek: R10 000 (leerling) en R10 000 (skool)  
  • 2de plek: R7 500 (leerling) en R7 500 (skool)  
  • 3de plek: R5 000 (leerling) en R5 000 (skool)  

Provinsiale wenners kry ook heerlike kontantpryse!   

As jy ’n foendi is met algemene-kennis-speletjies, gereeld die nuus lees, en weet wie Elon Musk en Jeff Bezos is, is jy die ideale kandidaat vir Blitsbrein Junior!  

REGISTREER HIER

Wees deel van die opwindende kompetisie, maar registreer blitsig, want registrasie vir die uitdunronde sluit Woensdag 28 Julie om 17:00. Die uitdunronde vind Vrydag om 14:00 plaas. Registreer by www.cumlaudemedia.com (klik op die toepaslike Blitsbrein-skakel) of stuur ’n e-pos na blitsbrein@cumlaudemedia.com vir meer besonderhede.

Vinnig spring, skryf nou in en wen groot!
Vinnig spring, skryf nou in en wen groot!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.