Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
PRG
Calling Academy: Vlaeberg
Skoolhoof Werner Cloete. Foto: Derize Kriel

Is dit moontlik om werklik uitstekende – maar bekostigbare – onderwys aan lae-inkomstegemeenskappe beskikbaar te stel? Hoe posisioneer ’n skool met ’n eg Christelike etos homself in die moderne samelewing in terme van persoonlike mentorskap en voornemende opvoedkundige inisiatiewe? Op watter maniere kan die inspirasie wat so desperaat in die Suid-Afrikaanse onderwyslandskap benodig word, voorsien word? 

Hierdie vrae het almal gelei tot die stigting van Calling Education.

Calling Education is ’n niewinsgewende organisasie wat daarop fokus om hoëgehalte-onderrig teen lae pryse aan leerders te bied.

Die organisasie is gestig deur dr. Philip Geldenhuys en mnr. Werner Cloete, oud-onderwyser en voormalige hoofseun van Paul Roos.

Dr. Geldenhuys het mnr. Cloete in 2015 gekontak. Eersgenoemde is die stigter van Community Keepers, wat maatskaplike dienste aan die skole in en om Stellenbosch lewer.

Leerlinge by Calling Education. Foto: Derize Kriel

Hy het groot nood raakgesien in die gebrek aan toeganklike hoëgehalteonderrig vir lae-inkomstegemeenskappe en het daarop aangedring dat iets daaromtrent gedoen moet word. Mnr. Cloete het lank en hard oor die situasie gedink. As pa van twee kleuters, en met ’n vrou wat ook voltyds in die onderwys is, sou dit moeilik wees om só ’n groot projek aan te pak, veral as jy ’n gevestigde pos en skoolomgewing moet verlaat en jou vaste inkomste moet prysgee. 

Hy het uiteindelik tóg besluit om ’n privaat-hoërskool vir seuns te stig. 

In 2016 het mnr. Cloete begin navorsing doen en ander skole met soortgelyke modelle besoek terwyl hy nog deeltyds by Paul Roos klasgegee het. In 2017 het hy voltyds aan die skool begin werk en op 17 Januarie 2018 maak Calling Academy: Vlaeberg sy deure oop vir sestig Graad 8-leerders uit dertien verskillende laerskole.

Die skool is hoofsaaklik Engels en Mnr. Cloete is die skoolhoof. 

Hy gee egter ook self klas, saam met vyf ander personeellede. Die skool bied verskeie buitemuurse aktwiteite soos sokker, rugby, krieket, tennis, koor, debat en drama. 

Die skoolfonds is slegs R6 000 per jaar.

Te danke aan mnr. Cloete en dr. Geldenhuys is hoëgehalte-onderwys nou teen bekostigbare pryse beskikbaar. Onderrig is die belangrikste faktor in ’n mens se lewe aangesien dit ’n mens vorm en voorberei vir die wêreld daar buite.

Daar word gehoop dat daar in die toekoms nog Calling Academy-skole gestig sal word. 

Nou kan meer leerders die onderrig kry wat hulle verdien en wat hulle sal toerus om by te dra tot die groei, ontwikkeling en vooruitgang van Suid Afrika.

Meer oor:  Paul Roos Gimnasium
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.