Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
PRG
Groen en Goud vir Righardt na 65km per week
Righardt Muller.

Righardt Muller (Graad 10) het van 10 tot 16 September die senior Suid-Afrikaanse swemspan met eer en trots waters by die Senior Afrika-swemkampioenskap in Algiers verteenwoordig. Die was ’n ope kompetisie waar Righardt deurgaans deelgeneem het teen senior Olimpiese swemmers veel ouer en meer ervare as hy. Righardt behaal ’n 8ste plek in die 800m, ’n 8ste plek in die 400m en ’n 7de plek in die 1500m vryslag.

Sy aanloop tot dié prestasie het begin met die goue medalje wat hy in April vanjaar verower het by die Suid-Afrikaanse Senior  Swem kampioenskap in Port Elizabeth waar hy ook die die WP-ouderdomsrekord in die 1500m-vryslag verbeter.

Righardt is deur sy deelname aan die Afrika-kampioenskappe die geleentheid gegee om sy vermoë as ’n internasionale atleet aan die wêreld te bewys en het die eer gehad om in die Groen en Goud as een van die vlag draers aan die openingseremonie deel te kon hê.

Righardt gesels opgewonde in diepte oor die mikpunte wat hy vir homself gestel het en hoe hierdie byeenkoms 'n uitstekende geleentheid was om sy swem doelwitte te kon bereik. Righardt se weeklikse swemprogram behels minstens agt oefensessies per week, waartydens hy altesaam 65km swem. Hy swem voor skool 'n uur en 'n half , en weer na skool twee ure. 

Righardt se weeklikse swemprogram behels minstens agt oefensessies per week, waartydens hy altesaam 65km swem.

Dit is weereens 'n bewys dat sukses bestaan uit 10% talent en 90% se harde werk en toewyding. Die ervaring herinner Rigardt ook dat daar altyd struikelblokke sal wees waarvoor ’n mens nie kan voorberei of altyd gereed vir sal wees nie want om weg te wees van die huis af in ’n vreemde land met nuwe span maats is nie maklik nie.

Righardt gee die volgende advies vir Paul Roosers wat ook graag op internasionale vlak sal wil deelneem: ‘’As ’n mens nie selfdissipline het nie, kan ’n mens niks in die lewe bereik nie. Mens moet die selfdissipliene hê om elke dag jou deel te doen. Daag jouself elke dag uit en daag op by die swembad, die sportveld of die atletiekbaan, ongeag die omstandighede. Mense wat net by die oefening is as dit goed gaan behaal nie altyd sukses nie,maar dié wat oefen al is die veld hoe nat, al is die wind hoe sterk en al is die water hoe koud sal die beloning kry. Jy moet dit nogtans dit geniet en ’n passie hê vir wat jy doen, want daarsonder kan jy nooit sukses behaal nie.’’

Meer oor:  Paul Roos Gimnasium
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.