Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
PRG
PRG se Matriek-sportsterre

Rugby

JJ Kotze was vanjaar eerstespankaptein, en onderkaptein van die O/18-SA-skolespan.

Brendan Venter speel die afgelope twee jaar al vir die eerste span. Hy het 32 wedstryde agter sy naam en het deur sy skoolloopbaan slegs een wedstryd vir Paul Roos misgeloop. Hy het vanjaar vir die SA O/18-skolespan gespeel.

Eervolle vermelding: Juan Mostert (31 wedstryde en SA-kleure); Hanru Jacobs (29 wedstryde en SA-kleure), Matthew Cordy (Schalk Brits Players’ Award)

Hokkie

Die eerstespan-hokkiekaptein, Ivann van der Merwe, speel al van graad 10 af in die eerste span. Hy het altesaam 74 wedstryde vir die eerste span gespeel en was in 2018 lid van die O/18A SA-skolespan.

Waterpolo

Jan-Corrick van der Watt het al 106 wedstryde vir Paul Roos se eerste waterpolospan gespeel en verteenwoordig die eerste span al van Graad 9 af. Hy is ingesluit by die O/19 WP span wat die nasionale Curriebeker-toernooi in 2018 gewen het.

Gholf

Adriaan de Waal speel al vir die afgelope 3 jaar vir die eerste span. Hy het altesaam al 52 wedstryde vir die skool gespeel en is ingesluit by Boland se O/19 IPT-span.

Tennis

Jean Durand verteenwoordig die eerste tennisspan vanaf die einde van Graad 9. Hy het die skool altesaam 70 keer verteenwoordig en het 3 keer interskole teen ons aartsvyand, grey College, gespeel.

Bergfietsry

Kevin Long het al 25 keer die bergfiets-eerstespan verteenwoordig en ry al vanaf Graad 8 vir die span. Hy het sy Winelands- en WP-kleure reeds in 2017 verwerf.

Krieket

Rudi Claasen het al 95 wedstryde vir die eerste krieketspan gespeel. Indien hy al die wedstryde vir die eerste span speel gaan hy die eerste speler word wat 100 wedstryde vir PRG se eerste span gespeel het. Rudi is ook op Lords vereer met sy honderdtal teen die MCC.

Aiden Meyer het al 87 wedstryde vir die eerste krieketspan gespeel en hy verteenwoordig die span al van Graad 9 af. Hy is ook onlangs by Boland se O/19-span ingesluit.

Na verlede jaar se O/18 Coco Cola Week is Khanye Cotani vir die SA Skole Colts-span teen die SA-skolespanne gekies. In die wedstryd teen SA-skole teken hy in ’n merkwaardige wedstryd op Wanderers 50 lopies aan.

Eervolle vermelding: Anré Steenkamp (kaptein en 43 wedstryde)

Multisport

Jamie Riddle het ’n korterige PRG loopbaan, maar ’n lang lys prestasies. Hy het in 2018 1ste plek behaal in die ATU African Champs en 2de gekom in die ETU Tiszaujvaros European Cup in Hongarye.

Muurbal

Reuben Viljoen het al 68 wedstryde in die maroen trui gespeel. Die kaptein, Wium Pienaar, het ook die maroen trui gereeld gedra, met 51 wedstryde agter sy naam.

Skaak

Corné Briedenhann het sy Wes-Kaapse kleure verwerf en speel al van Graad 8 af vir die eerste span. Hy het ook die meeste wedstryde vir die eerste span.

Eervolle vermelding: Lawrence Briedenhann (Weskaap-kleure), Andrew Flores Bartoli (verteenwoordig SA-span by die Statebondspele).

Sokker

Nicholas Brokaar het al 70 wedstryde vir die eerste span gespeel en speel al vir die span van Graad 10 af. Hy is gekies as lid van ’n Kaapse Uitnodigingspan (Isememo Sasekapa) wat in Italië gaan toer het. 

Eervolle vermelding: Khanye Cotani (41 wedstryde en kaptein), Lucian Hendricks (eerste span vanaf Gr.10) en Deveron Rhode (eerste span vanaf Graad 10).

Atletiek

Breyton Poole is al van Graad 8 af lid van die atletiekspan en hy hou die Roos se naam behoorlik hoog. Hy het vanjaar 3de gekom by die O/20-Wêreldkampioenskap met ’n hoogte van 2,23m. Hy is die Suidstreek- Afrika-kampioen en is ook lid van SA se senior span wat aan die Goudkus-statebondspele Commonwealth Games deelgeneem het. Hy het 2de gekom by die SA senior kampioenskap van 2018.

Meer oor:  Paul Roos Gimnasium
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.