Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Akademie kom eerste by Laerskool Bakenkop

Akademie is die topprioriteit by die Laerskool Bakenkop vir die 1 090 leerlinge.

In die intersenfase (gr. 4 tot gr. 7) word die top-10 “Einsteins”, wat erkenning gee aan ons leerlinge wat akademies presteer, kwartaalliks bekend gemaak. In die junior fase begin ons in 2018 met die gr. 1-leerlinge om ’n derde taal te leer, naamlik Sepedi. Ons bied “klein klas”-wiskundeklasse aan in die intersenfase om seker te maak ons help elke kind. Tegnologie van hoogstaande gehalte soos ons interaktiewe witborde help ons voor bly.

Bakies het ’n pa-en-dogter-afspraak-aand gehou. Die pa’s moes hul dogters uitvra en is op ’n rooi tapyt ontvang. Monica Swart het die aand saam met haar pa, Leon, geniet.
Dit is tradisie by die Laerskool Bakenkop dat elke nuwe gr. 1-leerling sy of haar kersie aansteek, wat simbolies daarvan is dat hul liggie vir die volgende sewe jaar gaan brand. Lana van Schalkwyk was baie trots om haar kersie aan te steek. Sy is ook as Mej. Bakie Tiny 2018 gekroon.

Ons neem deel aan verskeie wiskunde- en wetenskapolimpiades en talle leerlinge dring jaarliks deur na distriksvlak vir vakgerigte kompetisies. Conrad Swart in gr. 4 het die wiskunde-olimpiade van Tshwane-Suid gewen en na distriksvlak deurgedring.

Jennifer van der Sandt in gr. 3 is een van die topvyf leerlinge van die Mental Maths-kompetisie van Tshwane-Suid.

Zea Truter, ook in gr. 3, is die wenner van die “Life Skills Celebration” van Tshwane-Suid.

Ons het ons eie ABC-liedjie waarop ons rap om die leerlinge van die ABC te leer. Ons spog ook met ons wiskundetrappe by die junior blok waar leerlinge stap vir stap somme leer.

Die Laerskool Bakenkop spog met wiskundetrappe by die junior blok waar leerlinge stap vir stap somme leer.
Meer oor:  Akademie  |  Fokus Op Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.