Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Al die sekondes en minute wat uur bepaal
Foto: istock

In die vroegste beskawings is tyd bereken volgens maklik bepaalbare oomblikke in die dag, soos wanneer die son opkom of ondergaan, of op sy hoogste is.

In die Joodse geloof word sonsondergang op ’n Vrydag steeds as die oomblik gesien wanneer die Sabbat aanbreek.

Die Moslems se eerste daaglikse gebed (Salat al-fajr) word weer gedoen net voordat die son opkom.

Die Afrikaanse en Nederlandse “uur” kom van Latyn se hora (soos hour).

In antieke tye het omtrent elke land sy eie stelsel van tyd gehad.

In antieke tye het omtrent elke land sy eie stelsel van tyd gehad. ’n Romeinse hora was bv. 1/12 van dagligtyd.

Dis belangrik om te weet dat die lengte van ’n uur later in die meeste lande beskou is as 1/24 van die tyd wat dit die aarde neem om een keer om sy eie as te draai.

Op 1 Januarie 1960 het “gekoördineerde universele tyd” (UTC) in werking getree en is ’n uur as 3 600 sekondes omskryf. Die duur van ’n uur word sedertdien dus nie meer volgens die wisselende stand van die son of die draai van die aarde bepaal nie.

’n Uur se afkorting is “h”, ’n minuut is “min.” of ’n enkelaanhalingsteken (’) en ’n sekonde is “sek.” of ’n dubbelaanhalingsteken (”). Die afkortings “vm.” (voormiddag) en “nm.” (namiddag) word soms gebruik.

Daar is in Afrikaans baie maniere om ’n uur en sy onderafdelings, minuut en sekonde, te skryf en te sê. Ons verkies die manier waarop dit deesdae op digitale horlosies aangegee word, want die tyd op analoog- (wyser-)horlosies kan op te veel maniere gelees word.

  • Kom ons gee ’n paar voorbeelde: 01:12:25 word gelees “een uur, twaalf, vyf-en-twintig” in plaas van bv. “twaalf minute vyf-en-twintig sekondes oor eenuur voormiddag”;) 11:34:18 word gelees “elf uur, vier-en-dertig, agttien” in plaas van bv. “vyf-en-twintig minute, twee-en-veertig sekondes voor twaalfuur voormiddag”; en) 22:15:00 word gelees “twee-en-twintig uur, vyftien” in plaas van bv. “kwart oor tien namiddag”.
  • Daar is baie uitdrukkings in ons taal wat na ’n uur verwys: werkers word per uur betaal; vakbonde dring aan op ’n agtuur-werkdag; daar is die spitsuur wanneer die verkeer druk is; die rustige skemeruur; en uiteindelik die sterwensuur.
  • Lees op 15 Junie in Jip meer oor die begrippe van dag en week.
Meer oor:  Moslems  |  Tyd  |  Geloof  |  Jode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.