Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
‘Al ons drome vir e-leer en goeie onderrig waar’

Met splinternuwe rekenaartablette is die Primêre Skool Klapmuts beslis aan die voorpunt van tegnologie en e-leer.

Die Val de Vie-stigting het onlangs vir die skool 40 tablette geskenk, wat nou in twee klaskamers deur leerlinge gebruik word. Hiermee saam het die stigting ’n laaikas geskenk waar die tablette herlaai en toegesluit kan word.

Ryk Neethling, Olimpiese swemmer en bemarkingsbestuurder van Val de Vie, werk saam met Jameson Abrahams en Micaylan Warie op die tablette wat die Primêre Skool Klapmuts van die Val de Vie-stigting ontvang het.Foto: SUZAAN POTGIETER

“Dit is net die aanvoorprojek. Ons doel is om die hele skool met tablette toe te rus,” sê Ronald Frans, die skool se hoof.

Die Primêre Skool Klapmuts, wat die enigste skool in die gemeenskap is, het 1 530 leerlinge van gr. R tot gr. 7 en doen baie moeite om leer lekker te maak.

Daar is ook twee rekenaar­lokale vir leerlinge en ’n volle
biblioteek, wat ook tot die publiek se beskikking is.

Verder bied die skool ’n weeklikse klas van die Young Entrepreneurs-program aan, wat leerlinge die belang van entrepreneurskap en geldsake leer.

“Ons droom het waar geword. Toe ons die skool in 2010 opgeknap het, was my visie om rekenaarlokale en ’n openbare biblioteek te hê, en e-leer by die skool in te stel. Met hierdie projek is ál die drome nou bewaarheid,” sê Frans.

Ons omstandighede is nie ’n verskoning nie.
Ronald Frans

Lorraine Hadfield, raadgewer van die Val de Vie-stigting, sê die ontwikkeling van kinders is die belangrikste ding wat ’n mens kan doen.

“Hierdie projek was baie na aan my hart en om saam met die skoolhoof en sy wonderlike personeel te kon werk, was heerlik.

“Hulle is net nóg ’n bewys dat jy steeds topklasonderrig kan gee al het jy nie ál die hulpbronne tot jou beskikking nie,” sê Hadfield.

Frans stem saam en sê die skool is nie van die rykstes nie, maar kan danksy vennootskappe dieselfde standaard onderrig aan leerlinge gee.

“Ons omstandighede is nie ’n verskoning nie en ons gebruik elke geleentheid om die skool vir die kinders beter te maak.”

Meer oor:  Val De Vie  |  Klapmuts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.