Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Allen Glen dra Twizza-kroon

Die Allen Glen High School in Roodepoort was die wenners van die Twizza-sportreeks wat onlangs op sy tuisvelde gehou is.

David Omoluwa van Allen Glen se eerste span druk ’n drie tydens die Twizza-sportreeks.

“Ons het ’n hele rits eerste plekke behaal, wat verseker het dat ons as die algehele toernooiwenners aangewys is,” sê Leon Kruger, organiseerder.

Die Hoërskole Zeerust van Noordwes, Carletonville van Gauteng, Warmbad van Limpopo en Kriel van Mpumalanga, asook die Hoër Tegniese Skool Carel de Wet van Vanderbijlpark, Bracken High School van Alberton en die Steelcrest High School van Mpumalanga se rugby- en netbalspanne het aan die toernooi deelgeneem.

Allen Glen se eerste rugbyspan en Zeerust het vir die derde plek meegeding, met die eindtelling in Allen Glen se guns.

Allen Glen se o.14A-span het Warmbad met 17-12 geklop, sy o.15A-span het Zeerust met 36-10 gewen, sy o.16A-span het Bracken met 23-18 geklop en die tweede span het Steelcrest met 37-12 laat les opsê.

Die eerste netbalspan het Carletonville in ’n baie spanningsvolle eindstryd met een punt geklop en die goue medalje behaal.

Die skool se o.15A-netbalspan is boonop met die silwermedalje bekroon.

  • Indien jy jou skool vir die volgende Twizza-sportreeks in 2020 wil inskryf, kan jy ’n e-pos na leonkruger001@gmail.com stuur.
Meer oor:  Roodepoort  |  Skolesport  |  Rugby  |  Netbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.