Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
APP: Gratis hulp vir e-leerlinge
Foto: iSTOCK
Foto’s: iSTOCK

Met nie alle grade wat vandag met skool begin nie, is e-leer en tuisonderrig nog in volle gang. As jul ouers egter nie kundig in wiskunde is nie, is hierdie app vir julle.

Die MathU Infinity-app is nou gratis aflaaibaar vir Apple en Android om kinders te help met hul vaardighede in wiskunde en wetenskap.

Alle gr. 10-, 11- en 12-leerlinge kan die app tot verdere kennisgewing gratis aflaai en volle toegang hê tot MathU Teaching Emporium se wiskunde- en wetenskap-leerplatform. Die app is op so ’n manier ontwerp dat dit ’n virtuele leerassistent vir elke leerling skep.

MathU skep ’n unieke leerplatform wat gebaseer word op die individu se prestasie. Boonop het die leerlinge dadelik toegang tot terugvoering oor hul vordering. Die app fokus op die kern-konsepte in afdelings waarmee leerlinge sukkel – hulp en aandag wat leerlinge meestal net tydens individuele aandag van onderwysers kon kry. Leerlinge sal duisende oefeninge op die app kry met ’n videomemorandum om hulle te help. Hulle het ook toegang tot die kursus se inhoud sonder om aan die internet gekoppel te wees, so dit kan oral en enige tyd gebruik word.

Saam met die MathU Infinity-app vir leerlinge is daar ook ’n app vir ouers met in-diepte-toegang tot hul kinders se vordering en om te verstaan waarmee hul kinders sukkel. Dit wys ook aan die ouers wat gedoen moet word om hierdie probleme op te los.

Meer oor:  App  |  Wiskunde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.