Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Bakies-sport bereik nuwe hoogtes in 2018

Die Laerskool Bakenkop se tema vir die jaar is nie verniet “Bakies klim die leer na sukses nie”.

Ons sport bereik nuwe hoogtes in 2018 en net op Super 8-vlak behaal ons die volgende uitslae:

  • Tennis – meisies – wenner;
  • Tennis – seuns – tweede;
  • Netbal-o.12 en -o.13 – tweede;
  • Rugby-o.9 – tweede;
  • Jukskei-meisies – wenner;
  • Jukskei-seuns – tweede;
  • Junior skaak – wenner;
  • Krieket-o.11 – wenner;
Lodewyk Groenewald is ’n kranige eerstespanrugbyspeler wat in die distrikspan opgeneem is. Hier maak hy seker sy spanmaat Ruan Richards kry die bal.

Ons het drie leerlinge wat kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap in landloop.

Van ons seuns word 15 ingesluit in die Gauteng-Noord- binnehuis krieketspanne en twee seuns word ingesluit in die distrik-rugbyspan. Een meisie word ingesluit in die o.13 Gauteng-Noord-meisiekrieketspan.

Ons leuse by sport bly egter: “Om te wen is goed, om deel te neem is beter en om dit te geniet is die beste!”

Nicole Boucher met die bal tydens die eerste netbalspan se wedstryd teen die Laerskool Doringkloof. Bakies het die wedstryd met 34-2 gewen.
Meer oor:  Sport  |  Fokus Op Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.