Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Blitsbrein Junior: Hier is die finaliste!

’n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemene-kennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word in samewerking met Beeld, Die Burger en Volksblad, aangebied.

Altesame 669 leerlinge in gr. 8 en gr. 9 en 636 leerlinge in gr. 10 en gr. 11 het mekaar die stryd aangesê om as Blitsbrein Junior aangewys te word.

Die deelnemers het op Vrydag 10 Julie aan die uitdunronde van dié kompetisie deelgeneem en het die kans gehad om soveel moontlik van 100 meerkeuse- algemenekennisvrae in 20 minute korrek te beantwoord.

Nou staan die finaliste die kans om op 15 Augustus aan die eindronde deel te neem en weg te stap met ongelooflike prysgeld vir die leerling en sy skool!

Die prysgeld sluit in:

  • 1ste plek: R10 000 (leerling) en R10 000 (skool)
  • 2de plek: R7 500 (leerling) en R7 500 (skool)
  • 3de plek: R5 000 (leerling) en R5 000 (skool)

Provinsiale wenners kry ook heerlike kontantpryse.

“Blitsbrein Junior bied ’n wye verskeidenheid van algemenekennisvrae in ’n tydsensitiewe omgewing. Die meerkeusevrae dek allerhande onderwerpe van nuus tot sport. Dis regtig ’n lekker uitdaging om hoërskoolleerlinge se kennis te toets,” sê Anika Pieterse van Netwerk24.

Sy sê die finaliste reeds hul staal gewys in die uitdunronde en dat die eindronde boeiend gaan wees.

“Dankie aan al die leerlinge wat deelgeneem het, ten spyte van ’n skooljaar wat uiters ontwrig is.”

Hier volg die top-60 finaliste in vanjaar se Blitsbrein Junior-kompetisie:

Wes-Kaap (gr. 8 en gr. 9):

  • Dale Botha van Rondebosch Boys High School
  • Sebastian Hahn van die Hoërskool Brackenfell
  • Peet Karsten van die Hoërskool Jan van Riebeeck
  • Mila Kotze van die Hoër Meisieskool Bloemhof
  • Henco Kruger van die Hoërskool Piketberg
  • Juané Oosthuizen van die Hoërskool Nico Malan
  • Janike Smith van die Hoërskool DF Malan
  • Etienne Toerien van Rondebosch Boys High School
  • Sophia van Wyk van die Hoër Meisieskool Bloemhof
  • Chrystan Wagenstroom van die Hoër Meisieskool Bloemhof

Wes-Kaap (gr. 10 en gr. 11):

  • Chanré Botha van die Hoërskool Parel Vallei
  • Samuel Botha van die Hoër Jongenskool Paarl
  • Justin Cowley van die Paul Roos Gimnasium
  • Jan-Hendrik du Toit van die Hoër Jongenskool Paarl
  • Joanie du Toit van die Hoërskool Piketberg
  • Liam Fourie van die Hoërskool DF Malan
  • Mia Ham van die Hoër Meisieskool Bloemhof
  • Arnold Hattingh van die Hoërskool DF Malan
  • Kenneth Janson van die Hoër Jongenskool Paarl
  • Richard Kunneke van die Hoërskool Brandwag

Gauteng (gr. 8 en gr. 9):

  • Ewan Basson van Helpmekaar Kollege
  • Jayden Berry van die Hoërskool Eldoraigne
  • Marco Coetzer van die Hoërskool Waterkloof
  • Sheliza de Wet van die Hoërskool Menlopark
  • Annalette du Plessis van die Afrikaanse Hoër Meisieskool
  • Lize Erasmus van die Hoërskool Waterkloof
  • Charl Janse van Rensburg van die Hoërskool Tuine
  • Josua Markram van die Afrikaanse Hoër Seunskool
  • André Marx van die Hoërskool Zwartkop
  • Daniel Venter van die Hoërskool Jan Celliers

Gauteng (gr. 10 en gr. 11):

  • Arno de Bruin van Pretoria Boys High School
  • Joshuan du Toit van die Afrikaanse Hoër Seunskool
  • Kristen Erasmus van die Hoërskool Waterkloof
  • Mikail Köhler van die Afrikaanse Hoër Seunskool
  • Jan-dré Mitchell van die Hoërskool Rustenburg
  • Markus Nel van die Afrikaanse Hoër Seunskool
  • Corné Steyn van Helpmekaar Kollege
  • Rochelle van der Vyver van die Hoërskool Waterkloof
  • Anje van Jaarsveld van Helpmekaar Kollege
  • Pedran Wessels van Pretoria Boys High School

Vrystaat (gr. 8 en gr. 9):

  • Susan Bender van die Bethlehem Voortrekker Hoërskool
  • Elke du Plessis van Eunice Meisieskool
  • Jaco du Plessis van Grey Kollege
  • Leané Labuschagne van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad
  • Marko Oelofse van die Hoërskool Jim Fouché
  • Annika Serfontein van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad
  • Christian Strydom van die Hoërskool Jim Fouché
  • Luvé van der Merwe van die Hoërskool Jim Fouché
  • Marius van der Merwe van die Hoërskool Sentraal
  • Megan Wepener van Goudveld Hoër

Vrystaat (gr. 10 en gr. 11):

  • Aron Alvarez Aranda van Grey Kollege
  • Xander de Jager van die Hoërskool Jim Fouché
  • Le Roux de Vos van die Hoërskool Martin Oosthuizen
  • Coenie Dowling van die Hoërskool Wittteberg
  • Fanie Gouws van die Hoërskool Bultfontein
  • Aluschka Heymans van die Hoërskool Reitz
  • Mahike Kilian van die Hoërskool Jim Fouché
  • Solomon Litlhakanyane van die Hoërskool Jim Fouché
  • Gian van der Merwe van die Hoërskool Jim Fouché
  • Simon van Heerden van die Hoërskool Vryburg
Meer oor:  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.