SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Jip
Dié Crawford-seun kán redeneer

Joshua Jankelow, ’n gr. 11-leerling aan die Crawford College in Sandton, het onlangs ’n 21ste plek uit 600 senior debatteerders wêreldwyd behaal.

Hy is ook by die wêreldkam­pioenskapbyeenkoms in Kroasië as die beste Suid-Afrikaanse spanlid uitgewys.

Joshua Jankelow ontvang ’n cum laude-erebaadjie van die Crawford College in Sandton. Links van hom is Tracey Purkiss, senior adjunkhoof, en regs is Morag Rees, skoolhoof.

Die span het ’n 12de plek by dié byeenkoms behaal.

Jankelow is boonop as die beste debatteerder in die South African Council for English Education (SACEE) se debatkompetisie aangewys.

Ná al die mylpale sedert 2016, het Crawford ’n cum laude-erebaadjie aan Jankelow oorhandig.

Jankelow se debatloopbaan het in 2016 begin.

“Dit was dadelik duidelik dat sy algemene kennis en uitstekende redenaarsgawe sou verseker dat hy ’n redenaar in ’n ander liga sou wees,” lui ’n mediaverklaring van die skool.

Die junior span waarin hy deelgeneem het, het in hul eerste jaar na die kwarteindronde van die provinsiale kompetisie deurgedring. Jankelow het ook in 2016 ’n derde plek in die SACEE-kompetisie behaal. Hy het laas jaar aan die skoledebatkompetisie in Bratislava, Slowakye, deelgeneem en ’n 25ste plek behaal. Hy is ook vir die Gautengse debatspan gekies en het 20ste in die land gekom.

Voorts is Jankelow vanjaar vir die Suid-Afrikaanse senior debatspan gekies.

“As onderwyser was ek trots om deel van sy reis te kon wees om nasionale kleure in debat te behaal,” sê Shakti Maharaj, sy debatonderwyser.

“Ek het geen twyfel daarin dat dié prestasie slegs die begin is van die talle prestasies wat Josh vorentoe sal behaal nie.”

Meer oor:  Sandton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.