Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Dié leerlinge is flink met hul debattering

Leerlinge maak weer gereed om hul vlymskerp tonge ten toon te stel tydens die jaarlikse Dink of Sink-debatskompetisie. Die Wes-Kaapse uitdunne is Vrydag in Bellville waar spanne van verskeie skole mekaar die stryd gaan aansê.

Arlene Janse van Rensburg, Tia Bruwer en Angela Schindehütte van die Hoër Meisieskool Bloemhof was verlede jaar die junior wenners.Foto’s: JACO MARAIS

Debatteer, redeneer en die tentoonstelling van ’n breë kennis is net ’n paar goed waarna die gehoor kan uitsien tydens vanjaar se Dink of Sink-debatskompetisie.

Dié kompetisie is in 2001 deur die Hoërskool D.F. Malan in Bellville begin en word vanjaar die derde keer in die Wes-Kaap in samewerking met AfriForum aangebied.

Die kompetisie word jaarliks aangebied en skole wys dan hul slag deur oor verskeie onderwerpe te debatteer.

“AfriForum is baie opgewonde oor die kompetisie vanjaar en weet dit gaan, net soos in die verlede, ’n groot sukses wees,” sê Carien Bloem, projekkoördineerder vir onderwys by AfriForum.

Die kompetisie, wat gewoonlik net drie streeksuitdunne het – in die noorde (Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en KwaZulu-Natal), die suide (Wes-Kaap en Suid-Kaap) en sentraal (Vrystaat en Noord-Kaap), kry vanjaar twee nuwe kompetisies by in Limpopo wat die verre noorde sal verteenwoordig, asook Namibië.

Die senior wenners in 2018 was Paul Roos Gimnasium se Mihan van Zyl, Alex Aldrichen Jacques Botma.

“Ons is baie opgewonde oor die kompetisie wat so uitbrei. Die belangstelling is oorweldigend van leerlinge oor die land heen wat aan die kompetisie wil deelneem,” sê Bloem.

“Dit is vir AfriForum baie belangrik om deur hierdie kompetisie jong mense te bemagtig met goeie redenasievermoëns en kennis. Op dié manier word Afrikaans onder jong mense ook jonk en relevant gehou,” voeg sy by.

Ná afloop van die Wes-Kaapse eindronde Vrydagaand sal daar ook ander streeksuitdunne wees en die wenners sal later vanjaar aan die nasionale ronde deelneem.

Wanneer: Vrydag om 18:00

Waar: Hoërskool D.F. Malan se skoolsaal

Só werk die kompetisie:

  • Deelnemende spanne sluit junior (gr. 8 en gr. 9) en senior (gr. 10 tot gr. 12) spanne in.
  • In die eerste ronde moet elke span aan drie debatte deelneem, waarna agt spanne deurdring na die halfeindronde die aand.
  • Die aand kry die spanne ’n onderwerp elk en vyf minute om voor te berei.
  • In hierdie vyf minute mag leerlinge woordeboeke en die internet gebruik om navorsing te doen.
  • Aan die einde van die junior debatte en in die twee finale debatte op die gala-aand mag gehoorlede vrae aan die sprekers stel.
  • Vyf onafhanklike beoordelaars sal aan die einde van die eindronde op die gala-aand besluit watter junior en senior span die kroon dra.
  • Die wenners van die suidstreek (Wes- en Suid-Kaap) sal in Oktober teen die beste debatteerders van sentraal, noord, verre noorde en Namibië te staan kom in die eindstryd.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.