Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
e-Beeldskool help drieling met wiskunde

Daar is ’n driedubbele dosis van e-Beeldskool in die Pretoriusse se huis in Bronkhorstspruit.

Die drieling, Alandré, Thinus en Righardt (15), is in drie verskillende skole in gr. 9 en het by e-Beeldskool ingeskryf om te verseker dat hulle tydens die inperking nie met hul skoolwerk agter raak nie.

“Dis eerstens vir hulle lekker en dan is dit ook verrykend,” sê die drieling se ma, Antoinette.

“Dit verbeter definitief hul wiskundepunte. Die werk wat e-Beeldskool behandel het, was nuwe werk wat hulle voorberei het om terug te keer klaskamer toe.”

Vir haar as ouer, en skielik onderwyser tydens die inperking, gee e-Beeldskool gemoedsrus. “Die onderwysers van e-Beeldskool is uitstekend en vir my as ma was dit wonderlik, want toe het ek my nie meer gekwel oor die wiskunde nie. Dis so omvattend.”

Die Pretorius-drieling, Thinus, Alandré en Righardt.

Pretorius sê sy beveel e-Beeldskool vir elke leerling aan. “Ek sal hulle vir seker volgende jaar weer inskryf.”

Gr. 11’s begin vandag (4 September) met e-Beeldskool se program in wiskunde en fisiese wetenskappe.

Aanlyn klasse vir gr. 12’s in wiskunde en fisiese wetenskappe word van 22 September tot 22 Oktober aangebied.

Gr. 8- tot gr. 10-leerlinge kan nog registreer vir wiskundeklasse, wat tot einde Oktober duur.

Daar is ook hersieningsgeleenthede vir klasse wat al aangebied is in onder meer lewenswetenskappe, rekeningkunde, besigheidstudies, Afrikaans-huistaal en English First Additio­n­al Language vir alle grade.

Boonop is daar tans ’n opwindende kreatiewe skryfkompetisie aan die gang. Die kategorieë van die skryfkompetisie is Hoërskole Afrikaans Huistaal, Laerskole Afrikaans Huistaal en Hoërskole Afrikaans Eerste Addisionele taal.

Poësie, verhalende, beskrywende, argumenterende en bespiegelende opstelle kan die wenners tot R3 000 in die sak besorg.

Naaswenners in elke kategorie kry R2 000 en dié in die derde plekke kry R1 000 elk.

Boonop kry die onderwysers van die wenners ook dié kontantpryse, wat deur die Noordwes-Universiteit moontlik gemaak is.

Daar is ook kursusse deur Multidimension op die spel vir leerlinge en onderwysers.

  • Vir meer inligting oor e-Beeldskool, die verskillende onderrigmoontlikhede en die kreatiewe skryfkompetisie, besoek www.ebeeldskool.co.za.
  • E-pos navrae na skool@ebeeldskool.co.za of skakel 083 380 1800.
Meer oor:  Bronkhorstspruit  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.