Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Florries se skaakspelers vaar puik

Die Hoërskool Florida se skaakspelers het uitstekend gevaar in die onderskeie toernooie waaraan hulle deelgeneem het. Die span het onlangs teen Trinityhouse Randpark Ridge met 8-8 gelykop gespeel. Die spelers het daarna deelgeneem aan die individuele skaakkampioenskap wat by die Maragon- private skool gehou is.

Hier het Linmari Krüger ’n eerste plek in die afdeling vir meisies o.19 behaal. Suné Toerien was eerste en Louise Kemp was tweede in die afdeling vir o.17-meisies.

Jesse Britz was derde in die afdeling vir o.17-seuns en Sebastian Coetzee was derde in die afdeling vir o.15-seuns.

Dié leerlinge neem weer op 11 Mei aan die D12- individuele toernooi deel.

Vyf van die skaakspelers wat deurdring na die D12- individuele skaaktoernooi poseer vir ’n foto. Voor van links is Moné Nortjé, Christie Havenga en Calina Nortjé. Agter is Suné Toerien en Louise Kemp.

Meer oor:  Hoërskool Florida
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.