SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Jip
Fourways-skool kry 20 vrugtebome

Die Witkoppen Primary School in Fourways het Boomplantdag vanjaar vroeër gevier toe 20 vrugtebome einde Augustus hier geplant is.

Die leerlinge van Witkoppen Primary School staan by personeellede van Servest, Tsogo Sun se hoofkantoor en Montecasino, asook Miss Earth-finaliste, wat 20 bome hier geplant het.

Die Nasionale Boomplantweek was van 1 tot 7 September.

Tsogo Sun, Montecasino, die Miss Earth-finaliste en Servest het besluit om in dié skool terug te ploeg omdat dit die enigste skool in Fourways is wat geen skoolgelde hef nie.

Servest het bome soos olyf-, perske-, pruim- en appelkoosbome geskenk, wat waterbesparend is en in die Hoëveld se klimaat kan oorleef.

Benewens dat dit ’n bron van kos is, help bome ook om die impak van klimaatsverandering te bestry.

“ ’n Boom kan jaarliks tot 22 kg se koolstofdioksied absorbeer en in 40 jaar een ton,” sê Candy Tothill, Tsogo Sun se bestuurder van korporatiewe aangeleenthede.

“Een groot boom kan vir ’n dag lank suurstof aan vier mense verskaf.”

Elke graad se leerlinge sal vir twee bome verantwoordelik wees.

Servest het ook die skool se boorgat herstel, die skoolterrein skoongemaak, die gras gesny en die grond voorberei om die bome daarin te plant.

Hot 91.9 FM het boonop skryfbehoeftes en boeke aan die leerlinge geskenk. 

Meer oor:  Fourways
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.