Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Gees hoog by Laerskool Pierneef

Vrydag het die soektog na Pretoria se Skool met die beste gees by die Laerskool Pierneef voortgegaan.

Die span van Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noord was beïndruk met wat hulle gesien en gehoor het.

Die Pieries het gewys wat in hul steek toe die span van Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noord Vrydag vir die Skool met die beste gees-kompetisie ’n draai gemaak het. Foto’s: MARTHINUS KOEKEMOER
Juffrou Chanté Maat het sommer lekker gees gevang.

Al die grade het in afwagting gewag om te hoor of hulle die hindernisbaan die vinnigste voltooi het. Die uitslag was tot die laaste span klaar was in die weegskaal, maar die gr. 5’s was uiteindelik die vinnigste. Die gr. 1’s was laaste aan die beurt en het al vyf hul doele ingeskiet.

Almal met die uitsondering van die onderwysers wat by die Cosave Powerbuild Powerflush moes aantree, was beïndruk deur die doelskieters se vernuf.

Francois van Rensburg en Luané Janse van Rensburg van Groot FM 90.5 het die leerlinge en personeel aan die gang gekry en gehou.

Soos gebruiklik in 2019 geword het, is die dag se verrigtinge met ’n vertoning van Bounce afgesluit. Eers was dit JeddiBeatbox met sy klanknabootsing wat een ronde applous ná die ander gekry het voordat die res van die Bouncers almal met hul toertjies tot nuwe insig oor wat moontlik is, gebring het.

Die heerlike dag is moontlik gemaak deur die borge Bounce, Cosave Powerbuild, School Ride, Dr Tooth Little, Signarama Pretoria-Noord, Oliela en Mit Mak Motors.

Lucky van Bounce vlieg soos Superman.
Phillip Kraftt het ’n nuwe manier gekry om die Cosave Powerbuild Powerflush te trotseer.
Die hindernisbaan het weer groot sports verskaf met die gr. 5’s wat dit die vinnigste kon voltooi.
Bounce se demonstrasies het die definisie van wat onmoontlik is, verander.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.