SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Jip
Gees loop hoog in Pretoria-Noord

Die soektog na Pretoria se Skool met die beste gees is Vrydag by die Hoërskool Pretoria-Noord voortgesit.

Die span van Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noordwas nie teleurgesteld met die gees by hierdie skool nie.

Die Hoërskool Pretoria-Noord se rasieleiers het die res van die leerlinge aan die sing gekry.Foto’s: MARTHINUS KOEKEMOER
JeddiBeatbox het die leerlinge en onderwysers met sy klanknabootsing vermaak.

Een graad ná die ander het die hindernisbaan aangepak, met die gr. 11’s wat die vinnigste tyd opgestel het. Verskeie van die spanne se doelskieters was in die kol tot die konsternasie van die onderwysers wat daarna onder die Cosave Powerbuild Powerflush deurgeloop het. Gelukkig was dit ’n lekker warm oggend.

Neels Driescher, die skoolhoof, en Annerie Basson en Regard Oliver, albei leerlinge aan die skool, het lekker met die skool se prestasies gespog.

JeddiBeatbox het almal met sy klanknabootsing vermaak en die span van Bounce tot nuwe hoogtes aangespoor. Laasgenoemde het ’n klomp toertjies op alles van bromponies tot skaatsplanke uitgevoer, wat die leerlinge telkens na hul asem laat snak het.

Die borge wat die dag se pret moontlik gemaak het, is School Ride, Mit Mak Motors, Cosave PowerBuild, Dr Tooth Little, Bounce, Oliela en Signarama Pretoria-Noord.

Die onderskeie spanne het alles in die stryd gewerp om die vinnigste tyd oor die hindernisbaan op te stel, met die gr. 11’s wat uiteindelik geseëvier het. JeddiBeatbox gee die nodige aanmoediging.
Gustie Prins, ’n onderwyseres, wag in spanning vir die koue water van die Cosave Powerbuild Powerflush.
Die leer-linge het nie juis ekstra aanmoedig-ing nodig gehad nie, maar Vuur-masjien was op sy pos in-dien nog meer geraas gemaak moes word.
Gerard Holliday en De Wet Bekker het die dag in hul Superman-kostuums geniet.
Meer oor:  Groot Fm 90.5  |  Jip  |  Skole  |  Kompetisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.