Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
G’n gebrek aan gees hier nie!

Die soektog na die Jakarandastad se skool met die beste gees gaan voort. Vrydag het Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noord ’n draai by Curro Hazel­dean gemaak om te kyk hoeveel gees hier te vinde is. En die antwoord is sommer baie.

Curro Hazeldean se leerlinge was soos sardientjies in die paviljoen ingepak om gees te vang toe die span van Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noord Vrydag besoek daar afgelê het om die skool met die beste gees te soek. Foto’s: MARTHINUS KOEKEMOER

Die hindernisbaan is met spoed en ongelooflike vaardigheid aangepak. Graad ná graad het hul bes gedoen, maar dit was uiteindelik die matrieks wat met ’n ongelooflike tyd van 1 min. 23 sek. geseëvier het. Dit is die vinnigste tyd wat enige span van enige skool tot dusver opgestel het.

Ruan Viljoen en Leah Karstel, die hoofleiers, moes in enkele minute vir die omroeper Francois van Rensburg vertel wat dié skool spesiaal maak. Hierna het Van Rensburg die leerlinge in sang en dans gelei. Nie dat die leerlinge aanmoediging nodig gehad het nie.

Die optredes van JeddiBeatBox en die span van Bounce was weer van die hoogtepunte van die dag. Leerlinge het saam met Jeddi gesing en die span van Bounce het een ronde applous ná die ander vir hul toertjies gekry.

Mit Mak Motors, Oliela, Dr Toothlittle, Signarama Pretoria-Noord, Bounce en Cosave Powerbuild is die borge wat die dag moontlik gemaak het.

Die hoofleiers, Ruan Viljoen en Leah Karstel, vertel die omroeper Francois van Rensburg van die skool se prestasies.
Hoog, hoër, Bounce.
Daar is net een JeddiBeatBox en hy was weer op sy stukke. Hy het die span van Bounce behoorlik aan die gang gekry en die leerlinge het lekker saamgesing.
Flippie Volschenk was een van die “vrywil-ligers” wat onder die Powerbuild Powerflush afgekoel het.
Hierdie keer het die matrieks die hindernisbaan die vinnigste kafgedraf. Hul tyd van 1 min. 23 sek. is tot dus-ver die vinnigste van enige span van enige skool.

Meer oor:  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.