Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Griffin hou daarvan om skoon te maak

Griffin Pieterse (12), ’n graad 6-leerling van die Hoërskool Hexvallei, se pad het met herwinning gekruis toe sy skool in 2015 met ’n herwinningsprojek begin het om ’n ekoskool te word.

Griffin Pieterse (12) het vanjaar ongeveer 90 kg plastiekkoeldrankdoppies vir sy skool ingesamel.

Die skool het eers broodsak-knippies ingesamel vir die Breadtags for Wheelchairs-projek. Vir dié projek het hulle meer as 260 kg ingesamel en kon vir ’n behoeftige persoon ’n rolstoel gee.

“Toe die skool met die projek begin, het ek onmiddellik betrokke geraak. Ons het eers begin met broodsakknippies en toe ek hoor dat ons doppies ook gaan insamel, was ek nog meer opgewonde. Dit is iets wat ek en my vriende saam kan doen. Vir my is dit lekker om dit te doen,” sê Griffin.

Hy sê die rede dat hy so ywerig is om doppies en kartonbokse te versamel, is dat hy sien wat plastiek aan die omgewing en die seelewe doen.

“Ek wil in ’n skoon omgewing woon. Ek sien hoe vuil en lelik ons omgewing lyk met al die plastiek, doppies en kartonne wat so oral rondlê.

“Dit hou my en my vriende ook uit die kwaad uit.”

Griffin se skool het hierdie jaar meer as 345 kg koeldrankdoppies ingesamel waarvan hy ongeveer 90 kg op sy eie ingesamel het.

“Oral in die pad lê doppies. Ek kry ook by die winkels hier naby ons en ek vra vir my familie en vriende om ook doppies te bring.”

Griffin met die kartonbokse wat hy vir herwinning insamel.Foto’s: Mariska Niemand

Hy sê verder sy onderwysers en sy ouers is baie trots op hom wat die herwinningsprojek na die volgende vlak neem.

Griffin en sy huisgesin versamel ook kartonbokse uit die gemeenskap.

“Die mense gooi te vinnig die bokse weg – dit kan ook herwin word. Ek probeer soveel as moontlik mense aanmoedig om goed soos kartonbokse en doppies te herwin.”

Griffin het ook die bynaam Doppies gekry, maar hy reageer glad nie op dié naam nie, sê hy.

“Die naam kom natuurlik omdat ek so baie doppies bymekaar maak. Ek hou eintlik glad nie van die naam nie,” erken hy laggend.

Wanneer Griffin nie met die herwinningsprojek besig is nie, speel hy graag met sy vriende en kyk hy televisie. Hy sê dat hy vir die res van sy skoolloopbaan wil voortgaan met die projek.

“Ek wil ná skool ander skole ook aanmoedig om betrokke te raak by herwinningsprojekte. Ek wil vir die res van my lewe by herwinningsprojekte betrokke wees,” sê hy.

Meer oor:  De Doorns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.