Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Groot gees vir groen Garsies

Metro-Beeld-Noord en die span van Groot FM 90.5 het Vrydag vir die Skool met die beste gees-kompetisie ’n draai by die Hoërskool Garsfontein gaan maak om te sien hoeveel gees daar te vinde is. Die paviljoen was stampvol en die gees het inderdaad hoog geloop.

Brendan Peyper en sy hond Trompie het ook die oggend se verrigtinge bygewoon.

Die hoofleiers, Kyla Cronjé en Dian Jansen van Vuuren, het lekker met die skool se prestasies gespog waarna een graad ná die ander die hindernisbaan aangedurf het.

Almal was gretig om soveel as moontlik balle vir doele te skiet om die geleentheid te kry om van die onderwysers onder die Cosave Powerbuild Powerflush te laat deurloop. Waar die onderwysers gewoonlik net een spoel trotseer, het ’n paar onnies by Garsies langer bly sit met mnr. André van Vollenhoven wat drie spoele ná mekaar bly sit het. Hy was darem met sy duikbril en snorkel goed voorbereid.

Die sanger Brendan Peyper en sy hond, Trompie, het ’n draai kom maak om oor School Ride, een van die borge, te praat.

’n Asemrowende vertoning van Bounce en JeddiBeatbox het die dag se verrigtinge op ’n hoogtepunt afgesluit.

Al die pret is moontlik gemaak deur die borge Mit Mak Motors, Bounce, School Ride, Dr Tooth Little, Signarama Pretoria-Noord, Oliela en Cosave Powerbuild.

Mnr. André van Vollenhoven het die Cosave Powerbuild Powerflush drie maal in ’n ry aangedurf. Foto:
Die gr. 11’s het die hindernisbaan die vinnigste voltooi.
Die span van Bounce het weer allerlei toertjies gedoen wat die leerlinge na hul asem laat snak het.
Die Hoërskool Garsfontein se paviljoen was stampvol toe die span van Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noord die skool Vrydag vir die Skool met die beste gees-kompetisie besoek het.
JeddiBeatbox se klanknabootsing was ’n hoogtepunt en dit was veral sy nabootsing van Bane van Batman wat ’n groot gejuig ontlok het.

Meer oor:  Hoërskool Garsfontein  |  Garsfontein  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.