Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Harde werk belangrik vir topsportvrou

Dit was wel onverwags, maar Rogail Joseph is vanjaar met drie afsonderlike Sportvrou van die Jaar-

Rogail Joseph is Boland se Hoërskole-atletieksportvrou van die Jaar. Sy is ook as die Kaapse Wynland-skolesportvrou van die Jaar aangewys. Foto: VERSKAF

pryse vereer en trotser kon sy nie wees nie.

Rogail, ’n matriekleerling aan Worcester Gimnasium, is onlangs as die Kaapse Wynland-skolesportvrou van die Jaar vir 2018 aangewys. Sy het nie net dié prys ontvang nie, maar is ook by die Boland se jaarlikse sporttoekenningseremonie vereer, waar sy as Boland se Hoërskole­atletieksportvrou van die Jaar asook Boland se Sportvrou van die Jaar aangewys is. Sy het ook ’n medalje vir haar internasionale deelname in 2018 van Boland ontvang.

“Ek het glad nie al die toekennings verwag nie. Dit is die eerste keer dat ek die Kaapse Wynland-prys kry. Ek is baie trots op myself dat ek met die pryse kan spog. My harde werk deur die jaar het vrugte afgewerp,” sê sy.

Rogail, ’n Springbok-hekkiesatleet, se liefde vir atletiek het op laerskool begin, en toe sy in gr. 7 in die SA Skolespan ingesluit is, het sy besluit sy gaan volhou.

“Op laerskool het ek nie so goed gedoen nie, maar ek het op hoërskool harder begin werk tot waar ek vandag is. Ek kan nie my lewe indink sonder atletiek nie.”

Dié atleet het al talle prestasies bereik, maar wat vir haar veral uitstaan, was toe sy vroeër vanjaar aan die SA skolebyeenkoms in Potchefstroom deelgeneem het. Dit is hier waar sy ’n goue medalje vir die 400 m-hekkies verower én die rekord vir dié nommer tot 54,48 s verbeter het.

Dié prestasie was vir haar ook ’n verrassing.

“Twee weke voor die kompetisie het ek ’n ligament in my enkel seergemaak. Ek was baie negatief en het gedink dat ek nie die kompetisie sou kon bywoon nie. Maar net voordat die bus vertrek het, het ek gehoor dat ek wel kan deelneem.

Ek is baie trots op myself dat ek met die pryse kan spog. My harde werk deur die jaar het vrugte afgewerp.

“Ek het die Vrydag aan die 400 m-hekkies deelgeneem en nie goed gedoen nie. My afrigter en my oefenmaats het my gemotiveer. Ek het my wedloop gaan doen en die rekord verbeter. Ek het dit glad nie verwag nie, maar ek het dit gedoen,” vertel sy.

Rogail het ook vroeg in die jaar aan die Jeugspele in Boksburg deelgeneem, waar sy goud en silwer in onderskeidelik die 100 m- en 400 m-hekkies verower het.

By Atletiek Suid-Afrika se nasionale junior kampioenskapsbyeenkoms in die Paarl het Rogail ook in die 400 m-hekkies silwer en in die 100 m-hekkies goud gewen.

Verder het sy Suid-Afrika by 2018 se IAAF o.20-wêreldbyeenkoms in Finland verteenwoordig en die uitdunne gehaal.

Sy berei haar nou voor vir die Region 5 o.20-Jeugspele in Gaborone, Botswana. Sy gaan aan die 100 m- en 400 m-hekkies asook die aflos deelneem.

Die kompetisie vind van 11 tot 14 Desember plaas.

Volgende jaar gaan sy onderwys en sportbestuur aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.