Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Jong sterre wys hul staal

Tieneratlete het verlede Woensdag bloed gesweet tydens die Top15-atletiekbyeenkoms wat die Hoërskool Noordheuwel by die Universiteit van Johannesburg (UJ) aangebied het. Skole vanoor die land het die byeenkoms bygewoon. Marius Nortjé was daar met sy kamera.

Dit blyk dit was Ruan van der Spoel van die Hoërskool Linden se dryfkrag wat hom die trofee die 200 m vir seuns o.17 besorg het. Hy het dié wedloop in ’n tyd van 22.20 sekondes gewen.
Thando Dlodlo van die Hoërskool Monument het twee Suid-Afrikaanse rekords oortref: die 200 m met ’n tyd van 20.49 sekondes en die 100 m seuns o.19 met ’n tyd van 10.14 sekondes. Die vorige rekords was 20.88 sekondes vir die 200 m en 10.52 sekondes vir die 100 m. Omdat die wind ’n faktor was, kon die rekords nie erken word nie.
Nie net het Kyla la Grange van die Hoërskool Randburg die 200 m vir meisies o.14 gewen nie, sy het die rekord geklop met ’n tyd van 25.41 sekondes. Die vorige rekord was 25.67 sekondes.
Die Hoërskool Monument se Kayle Blignaut het die diskusgooi en die gewigstoot vir seuns o.19 gewen. Met ’n afstand van 20.0.06 m in die gewigstoot het hy ’n nuwe rekord behaal en sy eie rekord van 19.25 m verbeter.
Juan Oosthuyzen van die Hoërskool Kempton Park, tydens die gewigstoot vir seuns o.16, wat hy met ’n afstand van 16.55 m gewen het.
Roelof van der Walt van die Helpmekaar Kollege in Johannesburg tydens die 110 m hekkies vir seuns o.19. Hy het die uitdun in ’n tyd van 14.11 sekondes gewen.
Kimberley Swanepoel van die Hoërskool Randburg het die 1 500 m vir meisies o.14 gewen in ’n tyd van 04:47,98. Foto: Marius Nortjé
Rhoode Boon van Vereeniging Gimnasium hardloop voor tydens die 800 m vir meisies o.19. Sy het in ’n tyd van 2:16.14 gewen.
Tylon Kotzé van Dr. E.G. Jansen (links) die goue medalje met 0,12s gemis toe Sifiso Miya van Prestige Kollege die 100 m vir seuns o.17 in ’n tyd van 10,62 sekondes gewen het. Thinus Breedt (regs) van die Hoërskool Kempton Park het in die vierde plek klaargemaak in ’n tyd van 11,09 sekondes.Foto: Marius Nortjé
Meer oor:  Metro Beeld-Suid  |  Jip  |  Byeenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.