SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Jip
Kaapse leerlinge sien uit na projek saam met IRS

Van volgende maand af kan Kaapse leerlinge sowaar deel voel van die Internasionale Ruimtestasie (IRS) deur hul eie projek op aarde met dié van die ruimtestasie te vergelyk.

Leerlinge van die Cape Academy of Mathematics, Science and Technology neem foto’s van die ExoLab.

Leerlinge van die Claremont High School en die Cape Academy of Mathematics, Science and Technology gaan almal deelneem aan die ExoLab-projek, wat ook aan boord van die IRS gedoen word.

I-Innovate, wat op moderne leer fokus, is die leiers van die projek in Suid-Afrika en maak dit moontlik vir skole om die ExoLab te kry.

Elkeen van die skole kry ’n ten volle toegeruste groei­kamer met al die nodige hulpbronne wat hulle in staat stel om die IRS se projek na te boots.

Die ExoLab-projek gaan vereis dat die leerlinge ’n seker blomsoort, Arabidopsis thaliana, groei, net soos wat op die IRS gedoen word.

Die leerlinge moet dan hul bevindinge met dié van die IRS vergelyk.

Albei skole se hoofde is baie opgewonde.

“Ek is opgewonde oor die projek wat ons verder as die klaskamer gaan neem – letterlik in die ruimte in,” sê Murray Gibbon, hoof van die Claremont High School.

Volgens hom is dit die soort projek wat onderrig na ’n hoër vlak neem en leerlinge toegang tot ware wetenskap gee.

“Die projek met ExoLab maak die kurrikulum meer relevant vir ons kinders. Hulle lewe in ’n wêreld met apps, virtuele intelligensie en robotika.

“Dit is ’n geleentheid vir ons opvoeders om saam met ExoLab te werk en ons kinders te stimuleer deur hulle bloot te stel aan die werklikheid, wat hulle vir die werkende lewe kan voorberei,” sê Greg van Schalkwyk, hoof van die Cape Academy of Mathematics, Science and Technology.

Viwe Mbava, ’n gr. 12-leerling aan die Claremont High School, saam met Trisha Crookes, hoofbestuurder van I-Innovate.

Volgens Trisha Crookes, hoofbestuurder van I-Innovate, kan enige skool ’n ExoLab koop en deel vorm van die eksperiment met die IRS.

Regstreekse eksperimente vind twee keer per jaar plaas, maar skole kan die ExoLab dwarsdeur die jaar gebruik om data op te neem en ander eksperimente te doen.

“Die regstreekse ExoLab-eksperiment tesame met die IRS gaan oor ’n tydperk van ses tot agt weke gedoen word.

“Onderwysers en leerlinge kan die leerproses verbreed deur ’n verskeidenheid van eksperimente met verskillende veranderlikes te doen en dit met die IRS of ander skole oor die wêreld se oorspronklike resultate te vergelyk,” sê Crookes.

Ook die leerlinge kan nie wag om deel te wees van die projek nie.

“Ek is baie opgewonde om deel te wees van ExoLab, want dit is baie anders en grensverskuiwend.

“Ek wil graag die heelal beter verstaan deur te sien hoe die plant aanpas,” sê Viwe Mbava, ’n gr. 12-leerling aan die Claremont High School.

Meer oor:  Ruimte  |  Science And Technology  |  Irs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.