Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Kapenaar presteer in olimpiades

Wiskunde en tale is vir Theodore Pauw van die Hoërskool Jan van Riebeeck al net so deel van sy daaglikse roetine as wat skoolgaan is.

Theodore Pauw. Wiskunde en tale is sy kos.

Dié slimkop in gr. 12 het vanjaar alreeds landswyd presteer met ’n eerste plek in die Taalbond-tweetaligheidseksamen en vyfde plek in die De Beers English Olympiad (huistaal) en was in die top-100 (finale ronde) in die SAMF-wiskunde-olimpiade.

“Die olimpiade-gogga het my seker in 2014 gebyt toe ek op nasionale vlak meegeding het in die Eskom Ekspo vir jong wetenskaplikes, en diverse leerlinge van oral in die land ontmoet het. Sedertdien daag ek myself elke jaar met ’n verskeidenheid olimpiades uit,” sê Theodore.

Volgens hom geniet hy syfers en woorde sommer baie en sê dat hy veral ’n liefde vir woorde het wat ’n mens bemagtig.

“Van kleins af lees ek so wyd as moontlik en probeer ek myself inlig oor wat oral in die wêreld gebeur. Dit is vir my lekker om idees uit te ruil en ander mense se perspektiewe te ondersoek.”

As jy vra waar hy tyd kry vir alles, sê Theodore dat dit soms moeilik raak as die olimpiade aanbreek.

“Inskrywings gebeur meestal maande voor ’n olimpiade en ’n mens vergeet daarvan. Tussen skooltoetse, take en buitemuurse aktiwiteite is jy reeds in ’n penarie wanneer die skool jou herinner dat jy die volgende dag boonop ’n olimpiade moet skryf.”

Theodore sê dat jy dan maar net tyd moet maak en hoop vir die beste – wat duidelik in sy geval altyd ’n lekker verrassing is.

Meer oor:  Wiskunde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.