Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
KES-atlete hardloop vir die res weg

Twee atlete aan die King Edward School (KES) in Johannesburg het verlede naweek op die interprovinsiale kampioenskap in Potchefstroom presteer.

Lungile Hlengane en Lythe Pillay.Foto: FACEBOOK

Lythe Pillay het die rekord in die 200 m vir seuns o.15 gebreek. Eers het Pillay die resies in 21.48 sekondes klaargemaak. Die vorige rekord is 21.9 sekondes.

“Hierna het hy die eindronde in ’n tyd van 21.36 sekondes gewen,” skryf die skool op Facebook.

Hy het ook die 400 m vir seuns o.15 gewen in ’n tyd van 46.77 sekondes.

Lungile Hlengane het ’n tweede plek in die 300 m-hekkies vir seuns o.15 behaal.

In die 100 m-hekkies vir seuns o.15 het Hlengane ’n vyfde plek behaal.

Meer oor:  Johannesburg  |  Atlete  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.