Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Kultuur vuurwarm in Zwarrie-land

Zwarrie-land is net die plek vir kultuurtiere met soveel as 22 kultuuraktiwiteite.

Ons is baie trots op die skoolkoor wat deelgeneem het aan die kyk­NET Sing in Harmonie-kompetisie en deurgedring het na die eindstryd wat in September plaasvind.

Elke drie jaar is die hoogtepunt op die Zwarrie-kalender die revue-produksie. Gehore van alle ouderdomme van heinde en verre word na hierdie uitsonderlike produksie gelok.

Kobus Vorster het by vanjaar se musiekkonsert opgetree.

Die skool se toneelspelers het die afgelope ses jaar nasionaal opgetree en is vir die tweede keer as wenners aangewys by die Reza de Wet-tienertoneelfees. Die Zwarrie-toneelgroep is al ses jaar lank deel van ATKV Tienertoneel se toptoneelgroepe in die land en tree op by nasionale kunstefeeste soos Aardklop.

Daar word gereeld ’n “been gebreek” op die planke in die skool se dramadepartement. Die afgelope sewe jaar wen hierdie departement die trofee vir die beste dramaskool in Centurion. Op vakgebied is Zwartkop in 2017 ook as die beste dramaskool in Pretoria aangewys.

Die Hoërskool Zwartkop se dansakademie behaal elke jaar ’n 100%-slaagsyfer met talle onderskeidings en neem deel aan verskeie kompetisies soos kyk­NET Dans in jou taal en dring deur na die eindstryd. Ons eie Mariaan Pieterse is al drie jaar aangewys as die eerste Suid-Afrikaner wat die titel as akrobaatklas-wenner omhoog hou by die American
Dance Awards in Miami.

Zwartkop se kunsdepartement word vir die derde jaar in ’n ry as die topkunsskool in Centurion aangewys en die kunsleerlinge se werke word ook jaarliks by die Staatsteater uitgestal as deel van die Tshwane Jeugkunstefees.

Die musiekdepartement bied tot in gr. 12 musiek as vak aan en spesialiseer in ’n verskeidenheid instrumente.

Talle leerlinge is op Unisa se ererol geplaas vir uitstekende uitslae in musiekteorie-eksamens. Elianna de Clercq is die eerste Zwarrie-violis om in sowel die Juvanti Jeugorkes as die Sanyo (South African National Youth Orchestra) te speel.

Die Hoërskool Zwartkop neem jaarliks aan die landswye ATKV-Spelathon-kompetisie deel waar ons as wenner van die provinsiale eindstryd uittree. Almé Hugo dring deur na die nasionale eindronde van die ATKV-Spelathon wat op 12 Oktober in Stellenbosch plaasvind.

Die Zwarrie-redenaars het weer die land aan die gons en daar word heerlik met die hulle gespog. Tydens die nasionale eindstryd van Artisticulta het die redenaars in verskeie afdelings met die louere weggestap. Zwartkop wen die individuele voorbereide, individuele onvoorbereide en die eksperimentele afdeling. Drie redenaars dring deur na die landswye eindstryd van die ATKV-kompetisie.

In Zwarrie-land mag jy maar sing! Leerlinge neem deel aan verskeie sangkompetisies en kunstefeeste soos die Pretoria Eisteddfod, Satch (South African Talent Championships), Garsfontein-kunstefees en nog vele meer waar ons wegstap as kategorie-, afdeling- en algehele wenners. Die wenner van die senior afdeling by die SA Championships for Performing Arts 2018 is niemand anders as die Zwarrie Melanie Janse van Rensburg nie.

Meer oor:  Hoërskool Zwartkop  |  Fokus Op Skole  |  Kultuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.