Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Kultuurvlam brand hier helder

Hier in Bakieland staan kultuur nie terug vir sport nie.

Ons verwerf 14 A++’e, 12 A+’e en drie A’s by die Kraalkunstefees. Corlize Steyn wen die Jong Sterre-sangkompetsie in haar afdeling by die Thunder Ridge Spur. By die Kiowa Spur wen Gerhard Maritz die Jong Sterre-kompetisie en Mieke van Rensburg behaal ’n derde plek. Gerhard en Mieke is ook deel van die top-10 by die Kraal Kunstefees in 2018. Dante Smit en Xander van Coller is deel van die Jakaranda-kinderkoor in 2018. Mieke van Rensburg en Abigail van Jaarsveld is deel van die Tshwane Youth Theatre in hul produksie van Rapunzel.

Die Laerskool Bakenkop se senior revue wen die Super 8 vanjaar, behaal 93% by die Centurion Kunstefees en is ook deur na die halfeindstryd van die Kaleidoscope-kompetisie, wat steeds aan die gang is.

Mi-Jeanne Botha in gr. 1 dring deur na die ATKV se nasionale redenaarskompetisie. Ons groepsredenaars behaal A+-simbole by Oppietongaf.

Drie redenaars wen hul afdeling by die Super 8.

Ons senior en junior revue gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap. Ons senior revue dring ook deur na die halfeindstryd van die Kaleido­scope-kompetisie.

Ons begin met ’n toneelgroep in 2018 en stap weg met ’n derde plek tydens die Hoërskool Eldoraigne se toneelfees. Janez Oosthuizen ontvang die trofee vir die beste aktrise.

Die gewilde fliek Meerkat Maantuigse produksiespan het by Bakies kom kuier voordat die fliek by die teaters begin wys het. Op die foto staan die leiers saam met een van die hoofakteurs, Themba Ntuli.
Lodewyk Groenewald is as vanjaar se Mnr. Bakies aangewys.

Die Centurion Kunstefees is tans nog aan die gang, maar ons spog reeds met vyf kategoriewenners.

Ilaya en Alex Abrahams klim die leer na sukses in die modelwêreld. Nie net het hulle al vele titels hier in Suid-Afrika gewen nie, hulle het ook ons land in Los Angeles gaan verteenwoordig. Ilya was vyf keer ’n afdelingwenner en Alex een keer.

Ons seuns presteer ook op die loopplank en in 2017 is Michael Kleynhans gekroon as Mnr. Centurion in die afdeling vir ses- tot negejariges en Juan Dempers wen in die afdeling vir 10- tot 13-jariges. In 2018 volg Dewald Mienie in Michael se spore toe hy die afdeling vir ses- tot negejariges by Mnr. Centurion wen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.