Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Laaste kans om in te skryf vir Blitsbrein Junior!

Netwerk24, in samewerking met Die Burger, Beeld, Volksblad en VIA, stel ’n splinternuwe kompetisie om hoërskoolleerlinge se algemene kennis te toets bekend: Blitsbrein Junior!

Maak seker jy skryf in voor 17:00 op Woensdag, 31 Julie.

Leerlinge (gr. 8 tot -11) wat weet wat in die nuus gebeur en wat ’n blitsbrein vir algemene kennis het, kan R10 000 elk vir hulself en hul skool losslaan.

Daar is geen inskrywingsgeld nie en daar word twee kompetisies gehou: een vir gr. 8- en -9-leerlinge en een vir gr. 10- en -11-leerlinge.

Die vraestelle is slegs in Afrikaans en bestaan uit veelkeusevrae.

Prysgeld

Leerlinge en hul skole kan wegstap met ongelooflike prysgeld.

  • 1ste plek: R10 000 (leerling) en R10 000 (skool)
  • 2de plek: R7 500 (leerling) en R7 500 (skool)
  • 3de plek: R5 000 (leerling) en R5 000 (skool)

Hoe werk dit?

Leerlinge en/of onderwysers moet deelnemende leerlinge teen 31 Julie 2019 om 17:00 aanlyn registreer.

Volg die onderstaande registrasieprosedure:

1) Registreer by www.cumlaudemedia.com. Klik op die toepaslike skakel (gr. 8 en -9 of gr. 10 en -11).

2) Die registrasie sluit op 31 Julie 2019 om 17:00.

3) Leerlinge kan self registreer of onderwysers kan leerlinge registreer.

4) Leerlinge moet met hul registrasie kies in watter provinsie hulle die uitdunne gaan aflê. Finaliste sal volgens hierdie keuse ingedeel word. Die organiseerders behou die reg voor om finaliste by ’n streek in te deel wat die naaste aan die finalis se skool is.

5) Indien die registrasie suksesvol was, sal elke leerling ’n bevestigende e-pos met inligting oor die kompetisie ontvang.

6) Onderwysers sal voor die uitdunne ’n e-pos ontvang van leerlinge wat geregistreer het.

7) Die uitdunne vind op 2 Augustus tussen 14:00 en 17:00 plaas. Die skakel na die vraestel sal in hierdie tyd aktief wees. Elke leerling wat geregistreer is, sal slegs een keer die vraestel kan aflê.

8) Leerlinge beantwoord soveel vrae as moontlik in die toegelate 35 minute. ’n Personeellid van die skool moet vir die duur van die kompetisie toesig hou (eksamenreëls geld). Verkeerde antwoorde word negatief gemerk.

9) Die finale ronde sal op Saterdag 14 September in die Wes-Kaap, Gauteng en Vrystaat gehou word.

10) Meer inligting rondom die reëls en regulasies kan by www.cumlaudemedia.com verkry word. Elke finalis wat aan die eindronde deelneem, sal ’n verdere R1 000 as aansporingsprys ontvang.

11) Sommige finaliste staan die kans om genooi te word om deel te neem aan Blitsbrein Junior, ’n splinternuwe vasvraprogram vir skole, wat op VIA (DStv Kanaal 147) uitgesaai gaan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.