Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Laerskole kan nou ook saam somme maak!

Die grootste nasionale aanlyn wiskundekompetisie in Afrikaans word nou ook na laerskole uitgebrei.

Dié kompetisie is verlede jaar deur Netwerk24 in samewerking met Beeld en sy susterkoerante Volksblad en Die Burger, asook Cum Laude Media, vir hoërskoolleerlinge begin.

Ná vele versoeke is besluit om die kompetisie ook vir laerskole te hou. Die goeie nuus is dat daar nie inskryfgeld gevra word nie!

Laerskole word aangemoedig om hul gr. 6- en gr. 7-, en hoërskole hul gr. 10-, gr. 11- en gr. 12-syferslimleerlinge in te skryf.

Leerlinge en skole kan met baie wengeld wegstap.

Die vraestelle is slegs in Afrikaans.

Hoe werk dit?

Registreer op www.cumlaudemedia.com.

Leerlinge kan self aanlyn registreer of onderwysers kan hulle registreer, maar doen dit voor of op Woensdag 1 Mei om middernag.

Indien die registrasie suksesvol was, sal elke leerling ’n bevestigende e-pos met inligting oor die wiskundekompetisie ontvang.

Onderwysers sal voor die uitdunronde ’n e-pos ontvang van leerlinge wat geregistreer het.

Die uitdunronde vind plaas op Vrydag 3 Mei om 14:00 (laerskool) en Vrydag 10 Mei om 14:30 (hoërskool).

Die skakel na die vraestel sal dan aktief wees.

Leerlinge beantwoord 20 vrae.

Hulle kry 60 minute om die vrae te beantwoord.

Eksamentoestande geld. Geen sakrekenaars van enige aard word toegelaat nie.

Elke finalis wat die eindronde bywoon, ontvang R1 000 as aanmoedigingsprys.

Hoërskoolkompetisie:

Eerste plek: R20 000 (met R20 000 vir die skool)

Tweede plek: R15 000 (met R15 000 vir die skool)

Derde plek: R10 000 (met R10 000 vir die skool)

Laerskoolkompetisie:

Eerste plek: R15 000 (met R15 000 vir die skool)

Tweede plek: R10 000 (met R10 000 vir die skool)

Derde plek: R5 000 (met R5 000 vir die skool)

  • Vir meer inligting, stuur e-pos na wiskunde@cumlaudemedia.com of besoek www.cumlaudemedia.com.

Meer oor:  Wiskundekompetisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.