Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Laerskool Kameeldrift leer skoliere om drome te volg

Leerlinge aan die Laerskool Kameeldrift leer: “Follow your dream; glo en vertrou, God sal voorsien”.

Die afgelope 109 jaar van die Laerskool Kameeldrift se bestaan is ’n duidelike teken van die liefde, beskerminge en seëninge waar ons Hemelse Vader by die skool betrokke was en nog steeds is.

Die eeu-oue geboue en terrein van die Laerskool Kameeldrift voldoen dalk nie altyd aan die moderne samelewing se maatstawwe van chroom en glas, en prag en praal nie, maar as dit kom by omgee en uitreik na elke kind wat aan hom toevertrou word, dan staan dié besonderse skool beslis heel voor in die ry.

Khanyisile Gxokwe geniet die glybaan geweldig by die Laerskool Kameeldrift se pretdag.

Baie van die ouers kan nie bydra tot die skoolfonds nie en die skool beskik nie oor die middele om na elke leerling om te sien nie, maar van planne maak en toutjies trek weet die toegewyde personeel alles.

Natuurlik is die skool geseënd met ’n hele korps van weldoeners wat gereed staan om te help waar hulle kan. Die skool wil graag al die skenkers en mense wat omgee en wat ’n sagte hard vir die skool het bedank.

Absa, Rotary, Hogsa Zambezi, SaBrix, WesBrix en Cosave Mica word uitgesonder vir die rol wat hulle speel om die wiele by die Laerskool Kameeldrift aan die draai te hou.

Dit is ’n baie suksesvolle jaar vir die Laerskool Kameeldrift. Ons leerlingtal het gegroei na 465. Daar is 18 personeellede, drie sekretaresses en vier busse.

Daar is ook oomblikke van trots: Ons eie Kunste by Kammies Kunstefees, Radikale Redenaars en ons koor wat vanjaar vierde nasionaal by die Eisteddfod was.

Die dissipline van ons koorlede is ’n droom en daarom is hulle as wenners van Gauteng in die Sing in Harmonie-kompetisie in 2014 aangewys.

Leerlinge aan die Laerskool Kameeldrift word aangemoedig om hul drome na te jaag.

Die samewerking en samehorigheid tussen die leerlinge is ’n fees en maak elke minuut ’n plesier. Dankie aan al die seuns en meisies wat sonder om te kerm of te kla baie ure afstaan aan kooroefening.

Van Maandae tot Vrydae sorg die voedingskema dat ook dié wat nie genoeg het nie, heerlik kan smul aan ’n toebroodjie.

’n Onderdak-area word beplan deur skenkers sodat die leerlinge nie in die son en reën hoef te staan nie en waar kos berei kan word. Met hierdie projek word beplan om die leerlinge die nodige vaardighede aan te leer van bak en brou, en sodoende hoop ons om ’n beter toekoms vir ons leerlinge te gee sodat hulle entrepreneursvaardighede kan aanleer.

As ons aan hierdie dinge dink, dan is ons diep in ons harte dankbaar om te weet dat ons Hemelse Vader ’n duidelike hand van beskerming, liefde en genade oor die Laerskool Kameeldrift en sy mense hou.

Laat ons Hom nooit vergeet nie, want Hy sorg vir ons. Onthou, die Laerskool Kameeldrift is Jesus se skool.

Meer oor:  Onderwys  |  Fokus Op Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.