Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Leerlinge kry ekstra steun hier

Die splinternuwe Curro Uitzicht in Durbanville is net die plek vir leerlinge wat bykomende akademiese ondersteuning benodig.

Dié onafhanklike skool in Durbanville bied ondersteunde leer aan gr. 1- tot 12-leerlinge met ’n benadering tot gespesialiseerde onderrig binne die hoofstroomkurrikulum wat gerig is op leerlinge wat bykomende ondersteuning benodig om vereiste bekwaamhede in die vernaamste akademiese vaardighede te behaal.

’n Gewone KABV-hoofstroomkurrikulum (kurrikulum-en-assessering-beleidsverklaring of Caps) word gevolg, maar die klasse is heelwat kleiner. Dus is dit makliker vir die onderwysers en gespesialiseerde terapeute om ’n persoonlike verhouding met elke leerling te bou.

Almal leer verskillend

Volgens die skool leer leerlinge nie almal op dieselfde manier nie en by Curro Uitzicht gaan ondersteunde leer hand aan hand met akademiese ingryping uit die boonste rakke.

“Ons poog om elke kind in ’n gekoesterde omgewing met die beste akademiese leervaardighede toe te rus. Die taal van onderrig is Afrikaans en Engels.”

Die skool se sentrum vir leerling-ondersteuning is ook so ontwerp dat die arbeidsterapeut persoonlike aandag aan leerlinge kan gee wat meer hulp benodig as wat in die klaskamer gegee word.

“Deur die jong leerlinge se groot motoriese, fyn motoriese, sensories-motoriese vaardighede en visuele persepsie te verbeter, kan leerlinge hul eie akademiese struikelblokke bestuur en basiese vaardighede soos lees, skryf, knip, inkleur ens. bemeester. Daar word ook sterk gefokus om leerlinge se spel-, taal- en wiskundige vaardighede in ’n kleingroep-omgewing te help slyp, met die hulp van ons leerondersteuningspersoneel,” luidens die skool.

Laastens het hulle ook ’n skoolvoorligter wat vir leerlinge leiding in sosiale en persoonlike ontwikkeling bied, akademiese doelwitte stel en help gedragsprobleme oorkom wat uit angs spruit.

Meer oor:  Durbanville  |  Onderrig  |  Leerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.