Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Mamelodi-leerlinge beleef VSA

Vier gr. 11-leerlinge van die Ribane-Laka High School in Mamelodi is pas terug uit die VSA, waar hulle Suid-Afrika in ’n uitruilprogram van die Amerikaanse ambassade en die Meridian International

Centre verteenwoordig het.

Fortunate Hlatswayo, Given Ketelo, Precious Tladi en Bhekumuzi Phala is vir die Pan-Afrika-jeugleierskapprogram gekies na aanleiding van die herwinningsprojek wat hulle verlede jaar by hul eie skool van stapel gestuur het.

Bhekumuzi Phala, Precious Tladi, Given Ketelo en Fortunate Hlatswayo hard aan die beplan aan ’n projek tydens hul onlangse besoek aan die VSA.

“Ons het besluit om ons skoolterrein skoon te maak om sodoende ’n gesonde omgewing te skep waarin ons skoolgaan,” sê Ketelo. “Omtrent al die eetgoed wat ons by die skool koop of saambring word in plastiek verpak en ons het die plastiek begin herwin.”

Die skoolterrein is stelselmatig skoongemaak, maar volgens Hlatswayo is daar altyd net ná die skoolvakansie weer baie opruimingswerk om te doen.

In die VSA het hulle Kansas, Atlanta en Washington DC besoek. Elkeen van die vier het by ’n Amerikaanse gesin tuisgegaan en hulle is dit eens hierdie gesinne was wonderlik.

“Ek is saam met my Amerikaanse gesin na die World of Fun en dit was ’n ongelooflike ondervinding,” sê Tladi. “Dis baie soos Gold Reef City en alhoewel ek seker nie veel meer as twee uur daar was nie, het ek dit baie geniet.”

Phala sê hy het baie dinge vir die eerste keer saam met sy Amerikaanse gesin beleef. “Ons het renstelle gery en gebraai,” sê hy. “Hulle gebruik baie meer sous as Suid-Afrikaners wanneer hulle braai.”

Vir Hlatswayo was die hoogtepunt die besoek aan Coca Cola World, waar hy ’n klomp nuwe soorte koeldrank geproe het.

Maar die besoek aan die VSA het oor meer as net pret en plesier gegaan. Die groepie het ook die geleentheid gekry om met skoliere van ander lande skouers te skuur, van hul kultuur te leer en saam projekte aan te pak.

Die vier leerlinge is tans nog besig om hul skoolwerk ná meer as drie weke in die VSA in te haal, maar hul volgende projek is reeds in die pyplyn.

Volgens hulle is daar baie alledaagse goed wat leerlinge in ’n staatskool nie leer nie, wat hulle met hul volgende projek vir ander leerlinge wil leer.

“Ons wil ander jong mense leer om byvoorbeeld ’n voorlegging te doen of om vir universiteit gereed te maak,” sê Phala.

“Ons wil met hierdie projek ’n brug bou om die gaping tussen staats- en private skole kleiner te maak.”

Meer oor:  Mamelodi  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.