Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Marathon se rommel pryk nou as skoolbanke

Herbenutting is iets waaroor almal passievol is, maar dis nou iets van die verlede. Opbenutting (upcycle) is nou danksy die Twee Oseane-marathon die nuwe tendens.

Al die rommel wat verlede jaar tydens die marathon bymekaar gemaak is, is nie net herwin nie, maar eerder gebruik om skoolbanke te maak. Die proses wat gebruik is, nou bekend as opbenutting, gebruik boonop geen water nie.

Die opbenutting van rommel het vir 20 skoolbanke by die Axios Vaardigheidskool gesorg. Een van die skool se leerlinge, Leekayla Jantjies, wys hoe die banke lyk.

Verlede week is 20 van dié skoolbanke aan die Axios Vaardigheidskool in Blue Downs gegee.

Hierdie nuwe proses van opbenutting word gedoen deur ’n kombinasie van slypwerk en uitpersing van die rommel waarna die materiaal saam gepers en in ’n gietvorm verdig word. Daarna is die planke vervaardig en gebruik om die skoolbanke te maak.

“Die Twee Oseane-Marathon het nog altyd hard gewerk om rommel op die pragtige roete te verminder en sodoende die omgewing te beskerm. Die laaste paar jaar het ons daarop gefokus om drawwers in te lig oor die gevare van plastiek eenkant toe gooi en nou, danksy die #GOGREEN-veldtog, kan ons ook iets positiefs met die marathon se rommel doen,” sê Carol Vosloo, hoofbestuurder van die Twee Oseane-marathon nie-winsgewende maatskappy.

Die #GOGREEN-veldtog, ’n afvalbestuur- en anti-rommelbeweging, is ’n vennootskap tussen Old Mutual en WILDLANDS en word deur Polyco ondersteun, is in 2017 by die Twee Oseane-marathon begin.

Die eerste skoolbanke wat gemaak is van 2017 se Old Mutual Twee Oseane-marathon se rommel, is verlede week by die Axios Vaardigheidskool in Blue Downs afgelewer. Op die foto voor is Carol Vosloo (Twee Oseane-marathon), een van die skool se leerlinge en Bettina Rossouw (Old Mutual) en Lisl Liedemann (Polyco). Agter hulle is Helene Africa (Old Mutual), dr. David Maralack (Twee Oseane-marathon), Owen Tsetane (Old Mutual) en ander leerlinge van die skool.Foto’s: ROGER SEDRES

Weens die groot sukses van die veldtog het die Comrades-marathon ook dié veldtog geïmplimenteer.

“Een van die opwindendste aspekte van goed soos die Twee Oseane- en die Comrades-marathon is dat dit ons toelaat om innoverend te wees,” sê Marcelle Arnold, Old Mutual se hoof bemarkingsbestuurder.

Daar gaan nog baie van hierdie groen skoolbanke gegee word aan skole in die Wes-Kaap asook 334 skoolbanke in KwaZulu-Natal wat deur die Comrades-marathon se rommel vervaardig is.

Altesame 333 van die skoolbanke van die Twee-Oseane se rommel gaan geskenk word aan 15 skole in die Wes-Kaap. Dit sluit ook in skole wat deur die brande in Plettenbergbaai en Knysna geraak is.

Nog skole in Khayelitsha, Elsiesrivier en Kalkfontein gaan ook banke ontvang.

“Om die glimlagte op die kinders se gesigte te sien, het my net weer gerus gestel dat WILDLANDS, tesame met sy vennote, bygedra het tot die tekort van 30 000 skoolbanke in Suid-Afrika en om ’n meer helder toekoms vir jonger generasies se verseker,” sê Buyi Makhoba-Dlamini, WILDLANDS se strategiese bemarkingsbestuurder.

Meer oor:  Rommel  |  Twee Oseane-Marathon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.