Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Metro bied gratis skaaklesse

Met die hulp van ervare afrigters kan die inwoners van Ekurhuleni dalk professionele skaakspelers word.

Dié metro se biblioteek- en inligtingsdienste bied gratis skaakklasse vir jonk en oud.

“Die projek gaan vir een jaar aan die gang wees en leerlinge van plaaslike skole en alle belangstellendes sal wegloop met selfvertroue en kritiese denkvaardighede wat hulle op hul alledaagse lewens kan toepas,” lui ’n mediaverklaring van die metro.

Die projek word in samewerking met plaaslike skole en skaakklubs aangebied.

Die metro bied skaakstelle, horlosies, notaboeke en hoogs ervare skaakafrigters. Hy beoog ook wedstryde tussen sowat 19 biblioteke en skaakklubs in die metrogebied.

“Die metro sal voortgaan om die streek se skaakwedstryde te ondersteun sodat die spelers uiteindelik vir die nasionale en internasionale wedstryde kan kwalifiseer,” lui die verklaring.

Benewens vaardigheidsontwikkeling hoop die metro dit skep werkgeleenthede vir die afrigters.– Jeanelle Greyling

Meer oor:  Ekurhuleni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.