Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Moenie hierdie tennisspeler onderskat nie

Op vyfjarige ouderdom het Nerine van der Walt (14) van die Hoërskool Jan van Riebeeck reeds ’n liefde vir tennis ontwikkel.

Nou, byna tien jaar later, is sy so goed dat sy soms saam met die seuns moet speel.

Nerine van der Walt gaan in Junie as deel van die Suid-Afrikaanse hoërskole o.15-tennisspan in Engeland toer.

“Dit was vir my in die begin vreemd om in die seunsliga te speel, maar ek kan opreg sê dat al die seuns teen wie ek al gespeel het, baie bedagsaam en vriendelik was,” sê Nerine.

Sy dink wel dat die seuns haar dikwels onderskat.

Nerine het onlangs aan die Suid-Afrikaanse tenniskampioenskap in Pretoria deelgeneem waarná sy verkies is tot die Suid-Afrikaanse hoërskole o.15-tennisspan wat volgende maand in Engeland gaan toer.

“Ek is baie opgewonde om tennis te gaan speel en ook om Wimbledon vir twee dae te gaan besoek. Blykbaar gaan ons ook op Wimbledon se buitebane speel,” sê sy.

Hierdie tennisspeler se grootste droom is juis om eendag aan die Wimbledon-toernooi deel te neem én sy wil ook die nommereen-vrouetennisspeler in die wêreld wees.

Nerine spandeer twee uur per dag aan tennis, waarvan een uur aan lesse en een uur aan fiksheid afgestaan word. Oor naweke neem sy meestal aan Tennis Suid-Afrika se toernooi deel en speel saam met haar pa liga vir die Kampsbaaise tennisklub.

“Dis vir my lekker om aan kompetisies deel te neem en myself uit te daag. Ek spandeer eerder tyd op die tennisbaan as in die flieks,” sê sy.

Tog trek haar skoolwerk nooit aan die kortste ent nie, al raak dit soms vir haar moeilik om tyd te maak daarvoor.

“Ek maak in die aande tyd vir skool en in eksamentyd is ek ook baie gefokus om te leer. Ek oefen dan baie minder en die eksamen is dan ’n prioriteit.”

Van Nerine se gunsteling-tennisspelers sluit Rodger Federer, Rafael Nadal en Garbiñe Muguruza in. Sy dink die Suid-Afrikaanse spelers Kevin Anderson en Lloyd Harris vaar ook baie goed.

Hierdie gr. 9-leerling se naam is beslis een wat jy maar kan onthou, want sy kan dalk net eendag op die kassie op Wimbledon pronk.

Meer oor:  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.