Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Monnas sit vir Helpies ore aan

Die eerste rugbyspan van die Krugersdorpse Hoërskool Monument het Saterdag ’n rekord gebreek toe hulle dié seisoen die meeste drieë gedruk het sedert die skool 95 jaar gelede gestig is.

Die skool het boonop in dié eindstryd van die Virsekerbekerreeks vir die Johannesburgse Helpmekaar Kollege ’n les geleer wat die Helpies vir baie lank sal onthou.

Monnas was op elke gebied die beter span.

Morné Brandon, kaptein van Monnas se eerste rugbyspan, hou die Virsekerbeker omhoog. Brandon sit op die skouers van Ruben Westraad (links) en Brendan Pawson (regs). Langs Pawson is Charl Bench en heel regs kom die skrumskakel Zihan Coetzer nader. Links agter is Kagiso Nyamande.

Die Helpies se lywe was so seer getackle dat hulle gesukkel het om op te staan. Teen die vyfde minuut van die wedstryd was hulle nie meer gefokus nie.

Soveel so dat Monnas met ’n oorwinning van 57-11 kon spog.

Die span het nie verwag hulle gaan die Helpies so ver wen nie.

“Inteendeel, ons het die vorige wedstryd 28-17 teen hulle verloor,” sê Rinus de Jager, spanbestuurder.

“Dit was ’n baie spesiale dag. Die span het 146 drieë in 24 wedstryde gedruk.

“Hulle het agt nodig gehad om die vorige rekord te ewenaar.

Franco Schutte van Monnas se eerste span glip deur die hande van Francois Scholtz van die Johannesburgse Helpmekaar Kollege. Heel links kom Schutte se spanmaat Ruben Barnard om hand by te sit.
Die Hoërskool Monument van Krugersdorp se eerste rugby-span kraai koning in die Virsekerbeker-reeks. Foto’s: MARIUS NORTJÉ

“Die span het nie veel hoop gehad nie, aangesien dit ’n eindstryd was, so hulle wou die getal bloot so na as moontlik aan die rekord kry.

“Uiteindelik het hulle nege drieë in die wedstryd gedruk,” sê De Jager.

“Dit is die meeste drieë wat ’n Monnas-rugbyspan in ’n seisoen gedruk het sedert die skool se stigting 95 jaar gelede.”

Dit is die vierde agtereenvolgende jaar wat Tjaart van der Walt, hoofafrigter, se span die Virsekerbekerreeks wen.

Monnas het ook verlede jaar gewen en Van der Walt het die Hoërskool Garsfontein in Pretoria die vorige twee jaar afgerig.

Die o.16-span het die Helpies ook met 46-12 geklop.

Dian Oosthuizen, regtervleuel van Monnas se eerste span, duik oor om ’n welverdiende drie te druk.
Meer oor:  Helpmekaar Kollege  |  Hoërskool Monument  |  Rugby  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.