Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Moories se Brandon haal ererol
Brandon Potgieter tokkel sy kitaar.

Brandon Potgieter (17), ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Hans Moore in Benoni, is op Unisa se ererol vir puik prestasie.

Dit is die tweede jaar in ’n ry wat Potgieter se naam vanweë sy prestasie in die musiekeksamen op dié rol verskyn.

Hy het in Februarie vanjaar ’n skitterende 95% vir sy musiekteorie-eksamen behaal. Verlede jaar het Potgieter 93% vir kitaarspel ontvang.

Indien jy 90% of hoër in die eksamen behaal, word jy op die ererol geplaas.

“Dis ’n besonderse prestasie om die ererol vir toppresteerders te haal, en uiters ongewoon om dit ’n tweede keer te haal,” sê Annerie Keulder, die skool se woordvoerder.

Potgieter het slegs drie jaar gelede musiek begin neem.

Meer oor:  Benoni  |  Skole  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.