Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
’n Geloof in drome wat nooit hul wonder verloor
Elsa JoubertFoto’s: VERSKAF

Elsa Joubert was van 1928 ’n leerling aan die Hoër Meisieskool La Rochelle en het in 1939 aan dié skool gematrikuleer.

Joubert het vroeg reeds haar liefde vir skryf geopenbaar. In haar matriekjaar verskyn verskeie van haar skryfstukke in La Rochelle se jaarblad: Soet klink ons die naam La Rochelle (gebaseer op die nuut geskryfde skoollied), Die nuwe vaderland – ’n fragment, Onder die Hugenotekruis, Europe Today, En die sagte tred van die jeug is gehoor op die pad van Suid-Afrika.

Lizette Murray (née Vlotman, ook ’n oud-Larrie) skryf in ’n huldeblyk aan Joubert dat sy getref is deur die skrywer se menslikheid en medemenslikheid; die manier waarop sy met oorgawe geluister het en jou laat voel het dat jy ook iets te sê het.

In 1970 was Joubert die gasspreker op ’n prysuitdeling by La Rochelle. Dit was die jaar waarin Murray en Lizette Rabe matriekleerlinge was.

Die tema van Joubert se toespraak was “drome”.

’n Uittreksel van ’n geskrewe stuk deur Elsa Joubert uit ’n 1985-uitgawe van Sarie. Lizette Rabe was die redaktrise.

Murray skryf in 2013 sy het tydens ’n besoek aan Joubert onder die indruk gekom dat ten spyte van Joubert se hoë ouderdom, die skrywer steeds droom.

In 2010 ontvang Joubert, Christa le Roux, Rabe, Alba Muller (broerskind van Alba Bouwer), Louise Smit en Johanna Heydenrych erepryse by geleentheid van La Rochelle se 150ste stigtingsdagviering.

Die HMS La Rochelle eer Elsa Joubert vir haar dapper nalatenskap deur voort te gaan om diversiteit in die skool te omhels. Hulle is vasbeslote om dit te bly handhaaf deur hul waardes van liefde, aanvaarding en respek uit te leef.

Hulle eer haar nagedagtenis en weet ook dat die mooi herinneringe van haar vertroosting vir die familie sal bring.

Elsa Joubert gee in 1970 ’n penning aan Lizette Vlotman.
Die Hoër Meisieskool La Rochelle se matriekklas van 1939 waarvan Elsa Joubert (voor, derde van links) ’n lid was.
Meer oor:  Paarl  |  La Rochelle  |  Elsa Joubert  |  Huldeblyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.