Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Netwerk24-wiskundekompetisie: En daar doen die Wes-Kaap dit weer!

Vir die tweede agtereenvolgende jaar kraai die Wes-Kaap koning in die Netwerk24-wiskundekompetisie, aangebied met Die Burger, Beeld en Volksblad.

Vanjaar se kompetisie was nóg groter met meer as 4 000 syferkoppe wat geregistreer het.

Ná die uitdunronde het 120 finaliste in die eindronde meegeding.

Verlede jaar is die aanvanklike Wes-Kaapse kompetisie tot nasionale vlak uitgebrei, en dié provinsie het die nasionale uitslae oorheers. Vanjaar was dit weer dieselfde, met almal op een na in die toptien vir hoërskole uit die Wes-Kaap (sien kassie hiernaas).

Vanjaar is die kompetisie ook vir die eerste keer vir laerskole (gr. 6- en gr. 7-leerlinge) aangebied. Hier was die verspreiding tussen die provinsies meer eweredig, maar die wenner is ook van die Wes-Kaap. Mia Grabe, ’n gr. 7-leerling van die Laerskool Kenridge, steek R15 000 in haar eie sak, en haar skool kry dieselfde bedrag.

Nasionale hoërskoolwenners stap oudergewoonte weg met baie prysgeld. Adri Wessels ontvang R20 000 (so ook sy skool), Emil van der Walt wen R15 000 (en sy skool) en Danielle Kleyn steek R10 000 in haar sak (en ook haar skool).

Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, het gesê hy is verheug oor die getal inskrywings. “Wiskunde as vak is van kritieke belang vir leerlinge se loopbane, maar ook vir ons land in die geheel.”

“Goeie wiskundepunte is immers ’n vereiste om in rigtings soos ingenieurswese en programmering te studeer.

“Dis vakrigtings waarin ons ’n ernstige tekort aan gekwalifiseerdes het.”

Hoërskole

Nasionale hoërskool top-10:

1. Adri Wessels, gr. 12, Curro Durbanville *

2. Emil van der Walt, gr. 12, Hoërskool Jan van Riebeeck *

3. Danielle Kleyn, gr.  11, Hoërskool Parel Vallei

4. Jean Weight, gr. 11, Curro Hermanus

5. Annekin Meyburgh, gr. 12, Hoërskool Bellville

6. Johan du Toit, gr. 12, Hoërskool Piketberg

7. Cobus Smith, gr. 12, Hoërskool Overberg

8. Nicholas Sander, gr. 12, Hoërskool Stellenbosch

9. Kgaogelo Bopape, gr. 11, Horizon Internasionale Skool (Gauteng)

10. Zea de Bruyn, gr. 10, Reddam House Durbanville

* Adri Wessels en Emil van der Walt het albei 100% behaal in die finale ronde. Die tweede bepalende faktor in die kompetisie is tyd en Adri het die vraestel ietwat vinniger as Emil voltooi en is dus as die wenner aangewys.

Meer oor:  Die Burger  |  Volksblad  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.