Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Nories steek Monnas in doodsnikke loef af

Die meisieshokkiespanne van die Hoërskole Noordheuwel en Monument in Krugersdorp het verlede week op die Nories se tuisveld kragte gemeet.

Links: Lalique du Toit van die Nories se eerste hokkiespan is verheug nadat sy die gelykmaker teen Monnas aangeteken het.Foto’s: MARIUS NORTJÉ

Die Nories het uit die staanspoor die voordeel geniet toe vyf van sy sewe junior spanne oorwinnings behaal het.

Dié skool se eerste en tweede hokkiespanne het ook die suksespyp gerook.

Toe die son sy kop agter die horison begin wegsteek, het die twee eerste spanne die veld betree.

’n Spanningsvolle atmosfeer het geheers toe dié twee gedugte teenstanders van die Wes-Rand teen mekaar te staan kom.

Die Nories het hul vyand van die begin af aangeval en die span het lank in Monnas se gebied geboer.

Die span kon egter nie ’n doel aanteken nie.

Monnas het toe deur die Nories se verdediging gebreek.

Kort daarna het Zané van Deventer met een van haar kraghoue die bal tot aan die agterkant van Nories se net geslaan en vir Monnas ’n 1-0-voorsprong verseker.

Onder: Monnas se Racquel McCarthy (regs) vra die skeidsregter om verskoning nadat sy ’n blaps gemaak het terwyl Nories se Tekara Fourie die bal aanhou dryf.
Marelize de Jager (links) van Monnas se eerste hokkiespan strek ver vorentoe om haar hou verby Nories se Lizandri Maritz te kry.
Sharon Manhice van Monnas se eerste hokkiespan trek haar stok ver terug om die bal ordentlik te moker. Regs is Nories se Michelle Grunenberg wat die bal probeer keer.

Die Nories se Lalique du Toit het uiteindelik die gelykmaker aangeteken.

Monnas moes oplaas die knie buig toe die Nories hulle in ekstra tyd met 2-1 geklop het.

  • Die Nories se eerste span klop Monnas met 2-1.
  • Die Nories se tweede span wen Monnas met 3-2.
  • Monnas se o.16 A-span klop die Nories met 1-0.
  • Die Nories se o.16 B-span wen Monnas met 2-1.
  • Die Nories se o.15 A-span wen met 5-3.
  • Monnas se o.15 B-span wen met 2-0.
  • Die Nories se o.14 A-span klop Monnas met 3-1.
  • Die Nories se o.14 B-span wen met 4-0.
Meer oor:  Monnas  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.