Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Nuwe skool groot aanwins vir musiekonderrig plaaslik

Die Hoërskool Jan van Riebeeck het ’n opwindende nuwe projek wat hulle vanjaar gaan aanpak: hulle gaan binnekort met ’n splinternuwe buitemuurse musiekskool begin.

Geruan Geldenhuys, een van die musiekonderwysers by die Hoërskool Jan van Riebeeck, sê hy het verlede jaar die skoolhoof genader met die idee om ’n musiekskool te begin.

“Ek het vir ons skoolhoof gesê ons skool het ongelooflik baie potensiaal rakende musiek. Ons het al die geriewe, ons het die kamers, klaviere en die onderwysers. Ons is basies in die middelpunt van Kaapstad se klassiekemusiek-landskap. Daar is baie skole wat musieksentrums het, waar leerlinge musiek as vak neem of net as ’n buitemuurse vak. Ek het ook gesien dat daar belangstelling van leerlinge is wat nie noodwendig musiek as ’n vak wil neem nie, maar as ’n buitemuurse aktiwiteit,” sê Geldenhuys.

Van die leerlinge wat musiek as vak by die skool neem, is van links Amber Roberts (trompet), Joshua Harvey (klavier) en Mari van der Merwe (klarinet). Foto: DENIQUE SMITH

Die langtermyndoelwit is om ’n simfonieorkes by die skool te skep wat ’n gevestigde kulturele entiteit van die skool kan word, voeg Geldenhuys by. Voorts wil die skool ook die musiekdepartement in ’n formele musiekinrigting omskep.

“Die musiekskool sal die geleentheid bied vir enige Jan van Riebeeck-leerling om musiekinstrument-onderrig in verskeie orkes- en kontemporêre instrumente te kry, of hulle nou musiek as vak neem al dan nie. Die musiekskool sal ook enige leerling buite die skool toegang bied, selfs vir leerlinge wat belangstel in musiekonderrig wat hulle nie by ander instansies kry nie.

“Ons eerste skool waarop ons gaan fokus vir die musiekskool is die Laerskool Jan van Riebeeck. Ons gaan vir hulle die eerste geleentheid bied of selfs die ander skole hier naby soos Tamboerskloof Primary School en Camps Bay Primary School. Enigeen van die omliggende skole wat nie ’n musieksentrum het nie of wat wel ’n musieksentrum het, maar wat nie die instrumente het wat ons het nie, is welkom om hier te kom les neem. Ouers is ook welkom om lesse te neem.”

Geldenhuys sê verder omdat orkes-instrumente so duur is, hoef leerlinge nie self instrumente aan te koop nie en dat hulle reeds instrumente aangekoop het wat die leerlinge kan huur by die skool self.

“Die instrumente wat reeds aangekoop is, is dwarsfluite, klarinette, trompette, trombone, viole, tjello’s en saksofone. Klasse vir dié instrumente sal aangebied word saam met die huidige instrumente, naamlik tromme/slagwerk, klavier, sang, kitaar en baskitaar. Christoff Pauw (voormalige beheerliggaamvoorsitter en ouer) en Albert Geldenhuys (alumni en ouer) het ’n groot bydrae gemaak tot hierdie opwindende nuwe inisiatief.

Alle lesse sal ná skool aangebied word en die vak musiek by die skool gaan voort soos normaal.

“Leerlinge wat dit as buitemuurse vak neem hoef nie bekommerd te wees oor eksamen skryf nie. Saam met Ruthett du Toit, die ander voltydse musiekonderwyser by die skool, het hulle onlangs onderwysers gekry wat ook die viool-, tjello-, koperblaas- en klavierlesse deeltyds gaan aanbied. Ons het ook twee persone wat die kitaarlesse gee.”

Geldenhuys voeg by dat leerlinge enige tyd kan aansluit om met lesse te begin, maar verkieslik aan die begin van ’n kwartaal.

Die musiekskool gaan ook binnekort ’n stel Afrika-marimbas ontvang. Dié instrument gaan betrek word by die musiekkomponent van die vak skeppende kunste vir gr. 8- en 9-leerlinge en dit sal deel vorm van die musiekskool.

Geldenhuys sê ook dat hy baie uitsien na die begin van die musiekskool.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.