Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
‘Onderwys vir my nog ’n roeping’
Wendy Horn het onlangs by die Nasionale Onderwys-toekennings­geleentheid die prys vir uit­nemendheid in hoërskool-leierskap ontvang.Foto: VERSKAF

Sy het nog nooit enige pryse of bevorderings nagejaag nie, want die onderwys is haar passie.

Maar Wendy Horn, skoolhoof van Proteahoogte Akademie in Brackenfell, het pas wéér ’n prys op die Nasionale Onderwys-toekenningsgeleentheid gewen.

Die keer het sy die Nasionale Onderwys-prys vir uitnemendheid in hoërskool-leierskap ingepalm.

In 2013 het sy die nasionale prys as beste wetenskaponderwyser gewen.

Horn was ook in 2017 een van die finaliste vir die Global Teaching Prize.

Horn sê egter die hele idee van hierdie soort kompetisies is om die profiel van onderwysers te verhoog.

“Die doel is nie om onderwysers te beloon nie, maar om die profiel van onderwysers te verhoog. Onderwysers kry nie genoeg erkenning nie.

“In die ou tyd is onderwysers ‘meester’ genoem. Wat is ’n onderwyser nou? Leerlinge het so ongedissiplineerd geword dat hulle nie meer respek het vir onderwysers nie. Dit is die samelewing, maar ook ons as onderwysers se skuld. Ons het onsself in die steek gelaat met die manier waarop ons onsself gedra en ons vlak van werksetiek. Daar is onderwysers/skoolhoofde wat net nie opdaag vir werk nie. Ons moet dus onsself optel.

“Hierdie toekennings is om die profiel van onderwysers te verhoog sodat hulle weer ‘n meester kan wees,” sê sy.

Volgens Horn is onderwys nie net ’n werk nie, maar ’n roeping.

nderwys is nie net ’n werk nie. Dit is ’n beroep – ’n roeping. Daar moet iets binne jou brand om in die onderwys te wees.

“Ons kry baie jongmense wat onderwys doen omdat daar volgens hulle niks anders is nie. Dan kry jy ’n jong onderwyser in ’n klaskamer wat nie passievol is oor wat hulle doen nie. Vir hulle is dit net ’n werk. Onderwys is nie net ’n werk nie. Dit is ’n beroep – ’n roeping. Daar moet iets binne jou brand om in die onderwys te wees.”

Horn is nie die enigste een by die skool wat pryse ontvang nie. Haar onderwysers raap ook gedurig pryse op. Horn sê dit is te danke aan die feit dat sy hulle die spasie gee om hul passie vir die onderwys uit te leef.

“Ons is ’n wetenskap-en-wiskundeskool en die onderwysers hier is mal oor robotika, kodering en wetenskap. En omdat hulle hul passie volg, doen hulle innoverende en baanbrekerswerk. Dit is een van die redes waarom hulle so sterk kan kompeteer in die kompetisies wanneer hulle benoem word.

“Nog ’n rede vir hul sukses is dat hulle die ruimte het om te misluk. Ek het nie ’n probleem met mislukking nie. Ons is ’n nuwe skool wat in 2015 geopen het. Daarmee gee dit vir jou ’n sekere vryheid. Met ’n gevestigde skool is daar baie tradisies. Dit neem ’n lang tyd om dinge te implementeer. Omdat ons nuut is, kan ons een jaar besluit ons doen ’n projek, en as dit nie werk nie, skrap ons dit en probeer ons dan iets nuut.”

Sy skryf ook die skool se sukses daaraan toe dat sy as skoolhoof die onderwysers ondersteun.

Sy skryf ook die skool se sukses daaraan toe dat sy as skoolhoof die onderwysers ondersteun.

“Die bestuur moet onderwysers ondersteun. Ek mag dalk die skoolhoof wees, maar ek is hier om vir jou van diens te wees.

“Ek vra dan altyd ‘Hoe kan ek jou help?’ Hoewel ek ook klas gee en probleme van my eie het. Jy moet vir jou onderwysers vra ‘Wat kan ek doen sodat jy meer doeltreffend kan wees?’ Jy moet die voorbeeld stel. Daarom moet jy ’n ingesteldheid hê dat leiers eintlik dienaars is. Dit is was ontbreek in leierskap. Jy moet teenwoordig wees en van voor en agter die onderwysers lei.

Maar, sê Horn, dit is nie sy wat die pryse gewen het nie, maar die leerlinge by die skool.

“Hulle doen die dinge. Ek kom met die planne vorendag, die onderwysers implementeer dit en die leerlinge doen dit. Hulle is baie trots op my en hul skool. Ons het nou spogregte,” skerts sy. “Dit gee die leerlinge onmiddellik ’n hupstoot. Vanuit ’n onderwyser se perspektief – as leerlinge vertroue in hul onderwysers het, vaar hulle outomaties beter.”

Meer oor:  Brackenfell  |  Skoolhoof  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.