Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Ongelooflike atmosfeer heers oral by Zwartkop

Die Hoërskool Zwartkop is bekend vir die ongelooflike vibe wat oral tasbaar is – op die skoolterrein, in klaskamers, langs die sportveld en ook op die verhoog.

Dié skool het homself in ’n kort tyd gevestig as een van die topskole in die land en bied ’n akademiese tuiste aan meer as 1 600 leerlinge. Leerlinge en onderwysers streef na akademiese uitnemendheid en doen alles voluit. Leerlinge is ook in die bevoorregte posisie dat beide die algemene en tegnoakademiese studierigtings in die senior fase en verdere onderwys en opleidingfase aangebied word.

Toeskouers wys die Zwarries-vibe tydens die Big Brag geleentheid.

In die senior fase (gr. 8 en 9) kies leerlinge een verrykingsvak wat help om in ’n vroeë stadium leerlinge se ervaringsveld te verbreed en hulle deeglik vir toekomsgerigte opleiding voor te berei.

Keusevakke waaruit die leerlinge kan kies, sluit toerisme, dans, musiek, solosang, gasvryheidstudie, lugvaartkunde, ingenieursgrafika en -ontwerp, rekenaartoepassingstegnologie, dramatiese kuns, tegniese teorie en praktyk en sportoriëntering in.

Menige leerling het reeds sy vlieglisensie verkry, met geleenthede wat deur die vak lugvaartkunde geskep is.

In die verdere-onderwys- en opleidingfase (gr. 10 tot gr. 12) kry leerlinge die geleentheid om te kies uit ’n groot verskeidenheid vakke. Met ’n pakket wat saamgestel word uit ’n moontlike 25 vakke, bied die Hoërskool Zwartkop vir seker die grootste verskeidenheid vakpakkette in Gauteng waaruit leerlinge kan kies.

Agter is Cara Terblanché, Almé Hugo en Diandra Slabbert en voor is Alienke Boot, Kiera Smit en Christine Venter wat aan vanjaar se Spelathon deelgeneem het.

Onderrig in alle leerareas geskied in Afrikaans, maar vanaf 2014 kry leerlinge wat in tale belang stel en akademies presteer, die geleentheid om Engels-huistaal te neem.

By die Hoërskool Zwartkop is daar leerlinge wat van akademie ’n stokperdjie maak en dit is nie ongehoord dat leerlinge tot tien vakke in gr. 12 neem nie.

Die 299 matrieks van 2017 spog met ’n totaal van 400 onderskeidings. Die dux-leerling, Johannes Conradie, met ’n gemiddeld van 95%, is as een van die toppresteerders in Gauteng aangewys.

Die skool is telkens op die top-10- akademiese ranglys en die skool word nasionaal uitgesonder as een van die toppresterende skole.

Die skool ontvang vakprestasie-toekennings vir visuele kuns, dramatiese kuns, siviele en meganiese-tegnologie-wiskunde en Afrikaans.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.