Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Ontmoet die Koekedoortjies!

Vir vanjaar se Koekedoortjie deelnemers kan jy niks van bak en brou leer nie. Suzaan Potgieter het met die Wes- en Noord-Kaapse deelnemers gesels.

Tanique van der Walt (10) van Hermanus is ’n gr. 5-leerling wat tuisonderrig ontvang:

1. Wie het jou leer bak?

Seker meeste by Mamma en my twee oumas. Dan is daar Mamma se vriendin op die plaas en my niggie se ander ouma. Verder is dit van bakprogramme soos dié van Anna Olson en Kevin Dundon.

2. Watter resep wil jy nog graag leer maak?

Stollenbrood met marzipan.

3. Wat is die drie goed waarsonder jy nie in die kombuis kan klaarkom nie?

Die stoof, maatkoppies en die ketel (want Mamma drink heeltyd tee en dit hou haar uit die kombuis).

4. Wie maak jou skottelgoed skoon nadat jy in die kombuis doenig was?

Soms ek, Victoria ons huishulp, of Kelvin die skottelgoedwasmasjien.

5. Wat is die lekkerste van Koekedoortjie?

Die berge sjokolade, toe ons kon bak, en die saamkuier met die ander ­maatjies.

Wicus van Deventer (11) van Prieska is ’n gr. 7-leerling aan die Prieska Gekombineerde Skool:

1. Wie het jou leer bak?

My ouma het my geleer brood bak en ek het by my ma die res geleer.

2. Wat is jou gunstelingresep?

Ek is mal oor brood bak en geniet alle broodresepte. Aan die soet kant, bak ek gereeld brownies.

3. Watter resep wil jy nog graag leer maak?

Ek sal graag meer met suikerwerk wil eksperimenteer. Ek wil graag macarons bak. Ek sal ook graag nog koeksisters wil aandurf.

4. Wat is die drie goed waarsonder jy nie in die kombuis kan klaarkom nie?

Sjokolade, suiker en versiersuiker.

5. Wie maak jou skottelgoed skoon nadat jy in die kombuis doenig was?

My ma! (sê hy ná ’n baie lekker gelag)

Foto’s: DONNA LEWIS
Elsje-Mari Louw (12) van die Paarl is in gr. 8 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle:

1. Wie het jou leer bak?

Ek het al kleintyds vir my ma in die kombuis gehelp en het die meeste van my bakkennis by haar geleer.

2. Wat is jou gunstelingresep?

Ek is regtig mal daaroor om makrolletjies te bak, want dit is ’n redelike moeilike resep en ’n lekker uitdaging.

3. Wat is die drie goed waarsonder jy nie in die kombuis kan klaarkom nie?

Paletmesse, potlekkers en my Kenwood-staanmenger.

4. Wie maak jou skottelgoed skoon?

Ons huishulp-engel, Margaret, maar oor naweke moet ek dit self doen.

5. Wat is die lekkerste deel van Koekedoortjie?

Definitief die spens, want elke liewe bestanddeel waaraan jy kan dink is daar.

  • Koekedoortjie word Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.