Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Oorbruggingskursus op Worcester gebied

Van volgende jaar af kan jy ’n oorbruggingskursus vir toelating tot ambagsopleiding op Worcester loop.

Met die samewerking van die tegniese kollege Sol-Tech gaan hierdie program van 2019 af by die Hoër Tegniese skool Drostdy op Worcester aangebied word.

Ná voltooiing van die program sal jong mense aansoek kan doen vir toelating tot ambagsopleiding by die kollege.

Met die program hoop die skool om ambagsopleiding vir jong mense, veral van die omgewing, toegankliker te maak.

Met die program hoop die skool om ambagsopleiding vir jong mense, veral van die omgewing, toegankliker te maak.

Arthur Underhay, skoolhoof van die HTS Drostdy, sê die skool is baie bewus van die werksgeleenthede wat daar in die veld van ambagsopleiding is en is dus opgewonde oor die geleenthede wat die skool kan bied.

“Hier word nou aan jong mense die geleentheid gebied om Sol-Tech se oorbruggingskursus naby hul ouerhuis en in hul eie tyd te doen,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech.

Volgens hom is hierdie geleentheid spesiaal vir jong mense wat nie die geleentheid kry om by Sol-Tech te studeer nie weens skolastiese kwalifikasies wat onvoldoende is.

Die program is so ontwikkel dat dit vir die wat nie aan die voorgeskrewe toelatingsvereistes tot ambagsopleiding voldoen nie, die nodige onderrig sal gee om toegang tot ambagsopleiding aan die kollege te verkry.

Tydens die opleiding sal die basiese beginsels van relevante vakke soos wiskunde, wetenskap, ingenieursgrafika en -ontwerp en ambag-spesifieke tegniese vakke geleer word om sodoende die nodige toepaslike onderbou vir verdere studies te ontwikkel.

Volgens Van Deventer is die program in ooreenstemming met Sol-Tech se oorhoofse visie om jong mense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Die program sal volgende jaar deur middel van ’n afstandsonderrigmodel met geskeduleerde kontaksessies en met die samewerking van die HTS Drostdy en vyf ander skole as satellietkampusse aangebied word.

Die opleiding duur 24 weke en diegene wat belang stel moet oor ’n gr. 10-sertifikaat beskik.

  • Kontak die skool by 023 342 2320 vir meer inligting.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.