Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Oosies bo by interhoër

Die Hoërskool Oosterlig in Boksburg het onlangs in massas na die Boksburg-stadion opgetrek en hul steun gewys aan die at­lete wat aan die interhoër-atletiekbyeenkoms deelgeneem het.

Marnus Viljoen, wat die trofee vir die beste senior seun op die baan gewen het.

Die Leeuwenhof Akademie in Germiston, die Hoërskool Delmas, die Hoërskool Stoffberg in Brakpan en die Hoërskool John Vorster in Nigel het ook aan die byeenkoms deelgeneem.

“Die Oosies het bankvas gesit en uit volle bors gesing,” sê Mara Strydom, woordvoerder van die skool.

Die dirigente se aankoms was ’n fantastiese Queen-repertoire.

Die skool het die vyfde jaar agtereenvolgens die geesbeker gewen.

Die Oosies was ook die mede-wenners vir die uitbeelding van die tema, “It’s a kind of magic”.

Boonop het die skool se atlete seker gemaak hulle is die algehele wenners van die interhoër­byeenkoms.

Drie Oosie-leerlinge, Llewelyn Marais, Jacques Janse van Rensburg en Aiden Janse van Rensburg, het die oorwinning op kamera vasgevang.

Lanzelle van Antwerpen was die beste junior meisie op die veld.

Meer oor:  Boksburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.